Twee senior polisiebeamptes vas oor onwettige edelmetaalhandel

Foto ter illustrasie. Foto: Argief
Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Twee senior polisiebeamptes en ’n burgerlike is Sondag in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die onwettige handel in en besit van edelmetale.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die inhegtenisnemings volg ná ’n intensiewe ondersoek deur Gauteng se teen-intelligensie-eenheid (GCI-OPS) na bewerings van korrupsie en onwettige transaksies.

Die span het opgetree op grond van ’n lasbrief.

Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag voor die Kempton Park-landdroshof verskyn. Aanklagte kan die onwettige handel in edelmetale, regsverydeling, korrupsie en oortreding van wetgewing wat edelmetale in Suid-Afrika reguleer, insluit.

Die saak vorm deel van voortgesette pogings deur wetstoepassers om netwerke betrokke by die onwettige handel in edelmetale en korrupsie te ontmantel, sê Mathe.

Lees dié artikel en ander nuus op NovaNews.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie