Hier is die hoofnuus wat vandag, 13 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- Pres. Cyril Ramaphosa het die parlementêre vervolgingsproses teen hom na die Wes-Kaapse hooggeregshof geneem in ’n dringende poging om die verrigtinge te laat staak met ’n interdik, hangende die uitslag van die onafhanklike verslag wat hersien word
- Die regering het vlugtelinge wat buite die departement van binnelandse sake se kantore in Durban kamp, ’n ultimatum gegee om na hul gemeenskappe terug te keer, anders sal hulle in hegtenis geneem en na die Lindela-repatriasiesentrum gestuur word
- Pumas se Tomás Lavanini nie meer in Stormers se visier nie, kontrak-eise glo te hoog en jongspan gaan nou kans kry

- 28-jarige man Maandag in hof ná hy by Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is met 150 lewendige (en giftige!) skerpioene in sy besit
- Premier Lesufi glo persoonlike verlof geneem en nie op belastingbetalers se koste by Wêreldbeker in Mexiko nie, aldus Gauteng-regering
- Inwoners en burgerlike organisasies gryp sélf in om vuil PMB-strate skoon te maak vir Comrades-eindpunt Sondag vanweë voortgesette staking deur munisipale werkers
- “Ek het elke dag van hierdie werk geniet, en ek is lief vir ons stad!” – so het DA-leier Geordin Hill-Lewis aangekondig hy staan as DA-burgermeesterskandidaat vir Kaapstad

- Gemeenskapsaktivis en politikus Dereleen James is aangekondig as ActionSA se burgermeesterskandidaat vir Kaapstad
Internasionaal
- Wêreldbeker-sokker: Amerika wen Paraguay 4-1, Kanada speel 1-1 gelykop teen Bosnië-Herzegowina
- Venezuela het die dood van die leier van die Tren de Aragua, ’n transnasionale misdaadbende wat in dié land ontstaan het, bevestig nadat hy tydens ‘n ‘gesamentlike operasie’ met die Verenigde State doodgemaak is
- ’n Vrou in haar dertigs in kritieke toestand ná skokkende haai-aanval Saterdagoggend by Coogee-strand, Australië
- Twee in hegtenis geneem ná Engeland-sokkerspan se toerusting in Kansas City gesteel is
- Libanese staatsmedia het Saterdag berig oor Israeliese aanvalle op die suide van die land, kort ná ‘n ontruimingswaarskuwing vir 20 gebiede uitgereik is
- ‘n Ontbindende liggaam wat tekens van geweld toon en in plastiek toegedraai is, in kattebak buite stadium in Tijuana gevind waar Iran-span vir die Wêreldbeker oefen
- Ghana-sokkerster Thomas Partey (33) toegang tot Kanada geweier, moontlik vanweë 7 aanklagte van verkragting en 1 van seksuele aanranding in Engeland

- Vyf Indiesse lugmaglede sterf toe vliegtuig in noordooste van die land neergestort het, onseker of enigiemand die rampvlug oorleef het
- Pakistan se eerste minister, Shehbaz Sharif, wie se regering tussen Iran en die Verenigde State bemiddel het om hul oorlog te beëindig, het Saterdag gesê dat ’n vredesooreenkoms waarskynlik binne die volgende 24 uur gefinaliseer sal word.
- ‘n Eerste wen met 40 lopies vir Skotland oor Ierland, danksy uitmuntende vennootskap deur die Bryce-sibbes in die T20-WB
- Grusame mesaanval lei tot erge onrus: Duisende het Saterdag aan teen-rassisme-betoging in die N-Ierse stad Belfast deelgeneem ná Stephen Ogilvy op 8 Junie deur Hadi Alodid aangeval is
- Die Iranse departement van buitelandse sake sê die vredesooreenkoms met die VSA sal nie Sondag onderteken word nie, maar sluit nie die moontlikheid uit dat dit in die komende dae kan gebeur nie.
