Hier is die hoofnuus wat vandag, 14 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
- 7 jong Leeus ingesluit in Jnr Bokspan op pad na Georgië om hul wêreldkroon te gaan verdedig
- Stormers-slot Adre Smith opgeroep na Bok-kamp vir diepte in hul wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha, finale spankeuse sal Dinsdag bekend gemaak word
Molemo “Jub Jub” Maarohanye in hegtenis geneem vir ontvoering, regsverydeling en die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar – hy is in aanhouding en sal môre in die hof verskyn
Die vrywillige repatriasie van Malawiese burgers vanuit Durban is tydelik opgeskort vanweë onreëlmatighede op passasierslyste waarop verskeie name gedupliseer is
Duisende IFP-ondersteuners het Sondag by die eShowe Sport Club in die noorde van KZN byeengekom vir die party se verkiesingsveldtogbyeenkoms voor die komende plaaslike regeringsverkiesings in November
‘Ek het ‘n plan in gedagte gehad en het daarby gehou,’ sê Comrades-wenner Gerda Steyn oor haar 5de sege wat sy in 5 uur 45 minute (moet nog amptelik bevestig word) behaal het
Met die stewige toename in SA se aanlyn dobbelbedryf, ondersoek die Reserwebank nou historiese plaaslike geldoorplasings deur Betway na buitelandse entiteite binne die groep
George Kusche van die Nedbank Running Club het die 2026 Comrades-wedloop gewen nadat hy die voortou by Mbuto Mollow oorgeneem het
- Operasie Shanela II in Gauteng: 21 in hegtenis vir dronkbestuur, 86 ongedokumenteerde buitelanders aangekeer, 9 verdagtes in arres vir die besit van dwelms, 684 gesoekte verdagtes vasgetrek
- Georganiseerde misdaadsindikate dalk agter toename in kabeldiefstal en vandalisme in Roodepoort vanweë toenemend gekoördineerde en vernietigende aanvalle wat langdurige kragonderbrekings, duur herstelwerk en veiligheidsrisiko’s vir inwoners en werkers veroorsaak
- Onder die meer as 21 000 wat gekwalifiseer het vir vanjaar se Comrades-wedloop wat vanoggend in Durban afgeskop het, is daar 515 polisielede wat ook deelneem
Internasionaal
- Chaos in strate van New York ná New York Knicks hul eerste NBA-titel in 53 jaar wen – busse aan die brand gesteek, tiener geskiet
- Brig.-genl. Mohammad Jafar Asadi, adjunkbevelvoerder van Iran se hoogste militêre bevel, oor Beirut-aanval: “Hierdie misdaad gaan beslis nie onbeantwoord bly nie”
- Die Somaliese skeidsregter, Omar Artan, sal sy volle Wêreldbeker-salaris van FIFA ontvang nadat VSA hom toegang tot die land geweier het
- Rook kon Sondag in die lug bo die Libanese hoofstad Beirut gesien word ná die Israeliese weermag die infrastruktuur van Hezbollah met lugaanvalle geteiken het
- Volgens DRK se gesondheidsowerheid word vordering gemaak in die stryd teen Ebola waar byna 700 bevestigde infeksies en minstens 136 sterftes aangemeld is sedert die uitbreek daarvan in Mei vanjaar
- ’n Hooggeplaaste Iranse amptenaar het aan Reuters gesê dat Teheran, ingevolge ’n konsep-memorandum met die VSA ingestem het dat die land nie kernwapens sal vervaardig of bekom nie
- “Was jy al ooit naby iemand wat jy weet absoluut boos is?” was Melinda French Gates se reaksie oor haar eerste ontmoeting met Jeffrey Epstein en sy vertel sy het nagmerries gehad ná daardie ontmoeting
- Kubermisdaad: Amerikaanse Geheime Diens ontmantel AudiA6, ‘n diens wat geldwassery van $389 m in kriptogeldeenhede in 11 lande bedryf het, twee in hegtenis geneem
- Britse magte het Sondag in die eerste operasie van sy soort ’n olietenkwa, SMYRTOS, wat aan Rusland se sogenaamde “skaduvloot” behoort en onder sanksies val, in die Engelse Kanaal onderskep
- Basketbal: New York Knicks wen eerste NBA-titel in 53 jaar San Antonio Spurs in vyf wedstryde 4-1 te klop
- Wêreldbeker-sokkertoernooi: Brasilië en Marokko speel gelykop (1-1), Skotland wen Haïti (1-0) en Australië klop Turkye (2-0)
