Vandag in die nuus

Henry Pollock.
Henry Pollock. Foto: Getty Images.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 2 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Met talle oorblufte mediaberigte van ’n halfvol Ellispark wat die Springbokke en Engeland Saterdag sal verwelkom, het kaartjiepryse nou uiteindelik ietwat gedaal met die goedkoopstes wat jou R650 uit die sak gaan jaag.
  • DIRCO ondersoek die saak ná ’n departementele amptenaar saam met voormalige president Jacob Zuma op sy reis na Indië gesien is, glo om lede van die berugte Gupta-familie te besoek.
  • ActionSA het vandag ’n amptelike klag by die Openbare Beskermer ingedien en versoek dat Resolve Communications, sy bande met ministers in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE), asook enige verwante besluite of optrede deur dié ministers, ondersoek word.
  • Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en die adjunkminister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa, het hul meegevoel aan die families van die 16 mense wat hul lewens verloor het in die noodlottige busongeluk uitgespreek.
16 mense is dood in ’n busongeluk op die N1 naby Touwsrivier.
16 mense is dood in ’n busongeluk op die N1 naby Touwsrivier. Foto: Touwsnuus/Ismail’s Towing.
  • NVG verwelkom Durbanse hooggeregshof se vonnis van dubbele lewenslange tronkstraf plus 23 jaar gevangenisstraf vir Fatima Bibi Patel (36), Sayefudeen Aslam Del Vecchio (46) en Musa Jackson (43) ná hul skuldigbevinding aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, diefstal en 2 moorde van Britse botaniste.
  • Cassel Mathale, adjunkminister van polisie, besoek die Lebombo-grenspos in die nasleep van die betogings op 30 Junie.
  • Malawiërs en Mosambiekers sluit aan by groepe Zimbabwiërs wat op repatriasie wag by die Epping-repatriasiesentrum in Kaapstad.
  • Meer as 100 Malawiërs kamp buite ‘n moskee in Marianhill nadat hulle gisteraand uit hul huise in verskillende dele van Durban verdryf is.
  • Gauteng se departement van gesondheid verwerp bewerings van ’n lykshuis-agterstand by die Helen Joseph-hospitaal.
  • Ná ’n vertraging van twee uur het die Madlanga-kommissie sy verrigtinge uitgestel sonder enige getuienis aangehoor is en aangekondig dat die getuienis van sakeman Tumelo Nku onbepaald uitgestel is, sonder dat die rede daarvoor gegee is.
  • Ethan Hooker nog net sowat 2 weke op die kantlyn weens sy skouerbesering, maar gretig om weer op die rugbyveld te kom, bevestig die Bok-vleuel aan Die Papier.
Bok-vleuel Ethan Hooker.
2249031443
  • Nigerië eis vergoeding van SA vir sy burgers wat die land verlaat het en beweer dat baie van hulle gedwing is om hul besighede, huise en ander eiendom agter te laat.
  • Pres. Cyril Ramaphosa is in die DRK vir ’n hoëvlak-solidariteitsending van die Afrika-unie wat daarop gemik is om die vasteland se reaksie op die voortslepende Ebola-uitbreking te versterk.
  • Die saak van die geskorste EMPD-hoof Julius Mkhwanazi en die munisipale bestuurder van Ekurhuleni, Kagiso Lerutla, is tot 13 Julie uitgestel nadat hulle Donderdag vlugtig in die streekshof in Boksburg verskyn het.
  • Vusimuzi ‘Cat’ Matlala is gedagvaar om volgende Dinsdag voor die Madlanga-kommissie te verskyn.
Vusimuzi ‘Cat’ Matlala.
Vusimuzi ‘Cat’ Matlala. Foto: AFP.
  • Die interministeriële komitee oor migrasie gaan die Beitbrug-grenspos besoek om die repatriasieproses van ongedokumenteerde buitelandse burgers te evalueer.
  • Die EFF sê hulle gaan Vusi Shongwe, LP van die MK-party, by die parlement se gesamentlike etiekkomitee aanmeld omdat hy die ad hoc-komitee in onguns gebring het ná sy verskyning voor die Madlanga-kommissie.

Oorsee

  • Die Libanese president, Joseph Aoun, het onderhandelinge met Israel verdedig en gesê dit is nie verraad nie en beklemtoon dat hy nie ’n ‘enkele duim van Libanon se grondgebied’ sal prysgee nie.
  • Franse vleuel Damian Penaud, wat nie vir sy span in die Sesnasies-toernooi vroeër vanjaar gespeel het nie, is terug in die beginspan vir die wedstryd teen die Kiwi’s hierdie naweek.
  • Aanvallers het die huise van drie politici van Griekeland se regerende party met tuisgemaakte ploftoestelle geteiken, wat een persoon dood en vier ander beseer het, met die eerste minister, Kyriakos Mitsotakis, wat sy ‘verontwaardiging en woede’ uitgespreek het oor die voorvalle.
  • Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle het Kiëf vroeg vanoggend geruk en minstens 13 mense doodgemaak terwyl talle beseer is, ná pres. Wolodimir Zelenski gewaarsku het dat Moskou besig is om ’n ‘massiewe aanval’ voor te berei.
Pres. Wladimir Poetin ten tyde van nagdiens in die Christ the Saviour-­katedraal in Moskou.
Pres. Wladimir Poetin ten tyde van nagdiens in die Christ the Saviour-­katedraal in Moskou. Foto: Getty Images.
  • Die EU se hoogste hof het ’n rekordboete van 4,1 miljard euro (ongeveer R88 miljard) teen Google gehandhaaf oor praktyke wat nie mededingend is nie, wat verband hou met sy Android-bedryfstelsel.
  • Rugby: G’n plek vir superster Beauden Barrett in Dave Rennie se Nieu-Seelandse span teen Frankryk nie, kies eerder Ruben Love om saam met skrumskakel Cam Roigard te begin.
  • ’n Ontploffing in die middel van Damaskus het 4 mense dood gemaak en 11 beseer, maar die oorsaak van die ontploffing is nog onbekend.
  • Rugby: Australië se afrigter, Joe Schmidt, het Jock Campbell se deursettingsvermoë geloof nadat hy ná 4 jaar teruggeroep is om vir sy land te speel.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie