Vandag in die nuus

Die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein.
Die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 29 Mei, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

SA nuus

  • Nóg ’n bom ontplof in ’n Woolworths-winkel, dié keer in Prellerplein in die Rosestad.
  • Geordin Hill-Lewis oor Evaton West-wyk in Emfuleni, wat nou vir historiese 1ste keer blou is: ‘Dit is ’n uitstekende teken vorentoe dat al hoe meer Suid-Afrikaners die DA kies, verandering kies en ’n party kies wat ’n regering kan lewer wat vir almal werk’
DA-leier, Geordin Hill-Lewis.
DA-leier, Geordin Hill-Lewis. Foto: Facebook.
  • Die Madlanga-kommissie sal na verwagting sy tweede tussentydse verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig, met die fokus waarskynlik op dwelmkartelle en die onwettige beweging van verdowingsmiddels, voor die finale verslag in Augustus verwag word.
  • Ongedokumenteerde buitelanders: EFF-leier, Julius Malema, het ’n beroep op eenheid regoor die Afrika-kontinent gedoen en gesê sonder eenheid is daar g’n toekoms vir Afrika nie.
  • Bulls se VRK-eindstryd: Kurt-Lee Arendse is terug op die vleuel in die plek van Devon Williams, terwyl Stravino Jacobs bo plaasvervanger Sergeal Petersen in die beginspan is.
  • Damian Willemse en Leolin Zas is beide fiks verklaar om te begin vir die Stormers in hul VRK-kwarteindstryd teen Cardiff, ná vroeë bekommernisse toe hulle op die oefenveld gebots het.
  • Roc Nation Sports International het ’n klomp nuwelinge gewerf, nl. Oliver Reid (Stormers), Jaco Williams (Sharks) en Jonathan Roche (Stormers) wat aansluit by die sterbelaaide groep talent wat deur die wêreldwye agentskap verteenwoordig word.
  • Feroz Khan, adjunkhoof van misdaadintelligensie, se dringende aansoek om sy elektroniese toestelle terug te kry, is van die hofrol geskrap nadat die saak in die Gauteng se hooggeregshof geskied het.
  • Die Nasionale persklub gaan lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal vereer as sy Nuusmaker van die Jaar vir 2025.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi.
Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi. Foto: Gallo Images.
  • Die IFP is geskok ná die koelbloedige moord op sy raadslid, Mbuso Mzwandile Mthimkhulu, wat Donderdagaand in Bekkersdal, Westonaria doodgeskiet is.
  • Leseja Senona, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, betwis sy skorsing, met sy prokureurs wat meen dat sy naam wat in die Madlanga-kommissie genoem word, nie genoeg rede is vir sy skorsing nie.
  • ’n Sekuriteitswag wat van diens af was, staan nou tereg op die moord van die 36-jarige Lebogang Phetla, ná hy haar Saterdagaand in Vaalbank, Mpumalanga, doodgeskiet het.
  • Akademia bekom 105 hektaar grond in die Boschenmeer-omgewing in die Paarl met die oog op die ontwikkeling van ʼn volwaardige kampus in die Wes-Kaap.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie