Vandag in die nuus

Chuck Russel was ook die regisseur van 'The Mask'. Foto: X/BDisgusting
Chuck Russel (74) was ook die regisseur van ‘The Mask’. Foto: X/BDisgusting

Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

Die EFF se burgemeesterskandidaat is dr. Tlaleng Mofokeng

Sarah Mabotsa is as RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Tshwane aangekondig

KZN-polisie verskerp optrede teen dwelms ná arres van 58-jarige man wat glo tydens intelligensiegedrewe operasie in Montclair met kokaïen na raming van R76 800 op straat betrap is

Vervalste & onwettige goedere van R18,27 m tydens klopjag in 4 pakhuise in Boksburg gevind en 1,53 m items gekonfiskeer: onder meer nagemaakte BIC-penne, kondome, Nike-sweetpakke, Nivea-deodorant en 14 370 bottels onwettige wodka

Spoed en roekelose bestuur glo oorsaak van ongeluk naby Ngqamakhwe in O-Kaap wat drie lewens eis

Chad le Clos het bronsmedalje in mans se 4×100 meter-vryslagaflos gewen en sy totale Statebondspele-medaljetotaal tot 19 opgestoot, dit maak hom die mees bekroonde mans-atleet in die geskiedenis van die Statebondspele!

Mbulelo Tolom (13) van Klerksdorp, NW, geloof ná hy deel was van Suid-Afrika-span wat 4de plek by die Wêreld-spelkompetisie-kampioenskap in Sjanghai behaal het en hy individueel 6de plek behaal het

Brig. Dineo Mokwele, hoof van misdaadintelligensie, het klag teen IDAC-hoof Andrea Johnson ingedien, sê IDAC se aggressie het haar verneder

Lubanzi Dube (12) van Gauteng is as kampioen van die gesogte World Startup Forum-kompetisie in Switserland aangewys vanweë sy innoverende benadering tot voetgesondheidskwessies

All Blacks-legende Ma’a Nonu (44) het korttermyn-ooreenkoms met die Haaie gesluit om mentor vir jong spelers te wees

Valke neem 44-jarige boekhouer van Gqeberha in hegtenis vir bedrog van meer as R3 m by bekende City Paint & Tool wat oor 2 jaar gestrek het

Saak teen Aletta Rose (63) wat haar suster se kop afgekap het, tot Donderdag uitgestel waartydens Rose via videoskakel vanuit Pollsmoor voor Bellville-hof sal verskyn

Die Cheetahs nou bo-aan die punteleer van #Curriebeker nadat hulle Haaie 43-21 verslaan, Prince Nkabinde het driekuns behaal & Faf de Klerk is as speler van die wedstryd aangewys

Internasionaal

Kazakstan se president, Kassim-Jomart Tokajef, het Saterdag aan Poetin gesê oorlog in Oekraïne moet tot ‘n einde kom en gevra dat konflik “bevries” word – ‘n seldsame regstreekse opmerking van dié aard aan die Russiese leier

Trump sê hy sal nie voortgaan met burgerlike kernkragooreenkoms met Saoedi-Arabië tensy hulle instem om betrekkinge met Israel ingevolge Abraham-ooreenkomste (reeks ooreenkomste wat in 2020 onder Amerikaanse bemiddeling onderteken is) te normaliseer

Verpleër (59) in Sydney, Australië, in hegtenis geneem ná hy glo “sonder magtiging toegang tot pasiëntdata verkry en dit afgelaai het”, daar is ook beslag gelê op verskeie van die man se elektroniese toestelle waarop inligting gelaai was

Brand in Essex-industriële gebied lei glo tot hewige ontploffing van kunsmis in een van opgaareenhede, 20 brandweermanne in hospitaal, 3 brandweerwaens en 2 voertuie vernietig

11 Europese toeriste en plaaslike bemanningslid lewend gevind ná boot in ruwe see vermis geraak en later in Indonesië gesink het, 29 jarige kaptein van vaartuig nog vermis

Chuck Russell (74), wat baanbrekerswerk met visuele effekte gedoen het as regisseur van lokettreffers soos ‘A Nightmare op Elm Street 3: Dream Warriors’, ‘The Blob’ en ‘The Mask’, asook skrywer van ‘The Scorpion King’ is oorlede, oorsaak nog onbekend

Minstens 19 dood en 27 ander beseer in botsing tussen privaatbus en een wat militêre personeel vervoer het op die Deir Ezzor–Damaskus-pad tussen Palmyra en al-Sukhnah

Tweede hommeltuig binne minder as 24 uur in die Roemeense lugruim afgeskiet, ‘patroon stem ooreen met vorige bevestigde vlugte van Russiese hommeltuie’

Deyci Alejandra Omaña Ortiz, beter bekend as Amaranta Hank (voormalige verhoognaam in volwasse flieks), as senator in Colombië ingehuldig, wil maatskaplike sekerheidsvoordele en regsbeskerming vir skeppers van volwasse inhoud verseker

Suide van China berei voor vir tifoon Noul en alle openbare vervoer is gestaak nadat sterk winde en stormagtige weer chaos veroorsaak, 20 000 mense reeds ontruim

Watervlak van Donau-rivier so laag gedaal dat wrak van vragskip wat in 1937 tussen Kroasië en Serwië gesink het, nou sigbaar is

Dharmendra Pradhan, Indië se minister van onderwys, het Saterdag bedank na weke van ‘Cockroach’-protesaksie wat die hersiening van die onderwysstelsel in die land eis

Franse eerste minister, Sébastien Lecornu, gee weermag opdrag om A400M-militêre vervoervliegtuig te ontplooi vir hulp met bestryding van verwoestende veldbrande wat meer as 110 000 in dié land genoop het om te ontruim

Die oorskot van minstens 120 mense wat in Braunau, Hitler se geboorteplek, opgegrawe is, is vermoedelik slagoffers van die sogenaamde Franse Oorloë (1792-1815), vermoede nog grafte sal gevind word

Kanadese vrou wat as intern by NAVO in België gewerk het, op aanklagte van spioenasie gearresteer, word daarvan verdink dat sy vir 3de land spioeneer en lid van kriminele organisasie is

Karim Khan, hoofaanklaer van Internasionale Strafhof (ISH) weens “ernstige wangedrag en ernstige pligsversuim” uit amp onthef byna 2 jaar ná bewerings van seksuele wangedrag teen hom 1ste keer na vore gekom het

‘Ek het drie keer gewen, nou gaan ek dit weer doen,’ het Donald Trump sy besluit om hom weer vir president verkiesbaar te stel, aangekondig

Zelenski waarsku teen nog ‘n ‘massiewe’ Russiese aanval binne 48 uur ná meer as 10 sterf en +100 beseer is in Vrydag se missielaanval op Kiëf

Babelas minste van 2 besope Britse weermaglede se kommer ná hulle ‘n 15 ton Bulldog-troepedraer steel en tydens verwoestende pretrit deur Tidworth-basis derduisende rande se skade aanrig


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie