Hier is die hoofnuus wat vandag, 28 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
#MadlangaKommissie Andrea Johnson kon nie verduidelik waarom bewerings dat Bheki Cele voordeel uit polisie se geheime fonds getrek het, nie ondersoek is nie
Reginald Demana, uitvoerende hoof van Sanral, ontken bewerings wat hom verbind met toekenning van tenders van miljarde rand, insluitend kontrak van meer as R9 miljard
Egpaar in Paarl-streekhof tot 16 jaar lewenslange tronkstraf, asook 12 jaar direkte gevangenisstraf, gevonnis ná hulle skuldigbevinding aan seksuele uitbuiting van 2 weerlose tieners
3de staatsgetuie in saak teen Cat Matlala en 4 medebeskuldigdes het getuig dat voertuig wat in sluipmoordaanval op Armand Swart gebruik is, op eiendom gevind is waar Musa Kekana (beskuldigde no. 1), woon
49 munisipaliteite sal R7,1 miljard ontvang ondanks volgehoue ouditmislukkings, onreëlmatige besteding en onbetaalde rekeninge
#MadlangaKommissie Andrea Johnson sê dat sy nie uitstaande dokumente wat van haar versoek is, sal kan indien nie omdat sy bedank het
2 vermeende onwettige mynwerkers in Roodepoort in skietgeveg met polisie doodgeskiet, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie op toneel gevind
Parlement eis antwoorde ná Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling byna R670 000 aan hotelverblyf vir waarnemende kommunikasiebestuurder bestee het wat van KZN na Gauteng verhuis het
Hou, hart, hou! Augustus se ongunstige winde van verandering gaan dieselverbruikers se sakke ruk met prys wat tot R1,10 per liter gaan styg
Aseza Hele is ingesluit in die Bok-vroue se toergroep van 26 spelers wat vandeesweek vir ‘n geskiedkundige toer na Fidji vertrek
Maatskaplike toelae-ontvangers het net tot 31 Augustus grasie om SASSA-kaarte (goud) vir nuwe Postbank-kaarte (swart) te verruil
Minstens 5 dood en 1 kritiek in kop-aan-kopbotsing tussen 2 passasiersvoertuie op N2 naby Mooiplaas, Oos-Kaap
Grootskaalse soektog van stapel gestuur ná 74-jarige Ernst Steynberg Sondagmiddag, 26 Julie spoorloos van sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult in Noordwes, verdwyn het
9 koperblaasinstrumente ter waarde van meer as R100 000 in Junie by kerkorkes in Samora Machel (Kaapstad), gesteel, in stukke opgekap en vir paar honderd rand aan skrootwerf verkoop
Gauteng: Aanlyn-aansoeke vir gr. 1 & gr. 8 vir 2027-skooljaar vanaf 5 Augustus vir een maand oop, aansoeke vir gr. 2 tot 7 & gr. 9 tot 12 moet direk by skole ingedien word
Ses Bangladesjiese burgers het in vroeë oggendure in ‘n brand gesterf by ‘n winkel in Queenstown in die O-Kaap, 7de beseer en word in hospitaal behandel
#MadlangaKommissie Dylan Perumal word daarvan beskuldig dat hy LP Fadiel Adams se verklarings vervals het
Internasionaal
Roberto Mancini aangewys as Italië se hoofafrigter van dié land se sokkerspan
EU se KI-wet nou van krag dat diepvervalsings en KI-gegenereerde inhoud duidelik gemerk moet word, maar kenners maan dat tegniese tekortkominge en gebrek aan gemeenskaplike standaarde toepassing van wet kan ondermyn
Tornado het Wisconsin getref wat meer as 30 000 mense sonder elektrisiteit gelaat het, inwoners sê dit het soos oorlogsone gelyk
Moenie dit tuis probeer nie! Waaghals maak geskiedenis as eerste persoon wat met bergfiets van die bokant van vlieënde warmlugballon af ry en toe met valskerm op hoogte van ongeveer 914 meter grondwaarts gesweef het
40 jaar ná Tsjernobil-ramp einde aan Italië se kernkragambisies gemaak het, wil Giorgia Meloni se regering klein modulêre kernreaktors weer op tafel plaas – maar koste en generasieverskille kan terugkeer bemoeilik
Maleisiese polisie het op aanlyn-bedrogsentrums in Forest City, een van die land se kunsmatige eilande, toegeslaan en 335 mense in hegtenis geneem, waaronder 309 Chinese burgers
In 2024 het Kanadese 39 miljoen reise na VSA onderneem en in 2025 net 29,1 miljoen, ook hul besteding daar het met $2,3 miljard gedaal terwyl besteding aan oorsese bestemmings met $2,5 miljard gestyg het
Zinedine Zidane (54) is Dinsdag, soos algemeen verwag is, as Frankryk se nuwe afrigter aangestel ná die vertrek van Didier Deschamps
Amerikaanse afvaardiging stap in protes uit vergadering van VN Veiligheidsraad oor opmerkings deur Frankryk waarin Washington se stemgedrag oor menseregte met dié van outoritêre state vergelyk is
Werkloosheid in Spanje het met 213 300 mense afgeneem wat die werkloosheidskoers tot 9,87% laat daal het – vir 1ste keer sedert 2008 onder 10%
24-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic en wêreld se voorste vrouespeler, Aryna Sabalenka, gaan kragte saamsnoer in Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspeltoernooi
600 gewese generaals & senior amptenare ná aan Israeliese militêre leierskap het omvangryke veldtog teen Netanyahu begin, beskuldig hom daarvan dat hy daarop uit is om “3de intifada op die Wesoewer aan te blaas as enigste uitweg om aan bewind te bly”
Tsoenamiwaarskuwing uitgereik ná aardbewing van 7,1 suide van Japan tref, ook as vlak 7 (hoogste moontlike vlak) op Japan se Shindo-skaal geregistreer
Florida sal na verwagting Dinsdag 2 gevangenes binne enkele ure van mekaar teregstel, die eerste keer sedert 2017 dat ‘n Amerikaanse deelstaat twee teregstellings vir dieselfde dag skeduleer
Chinese wetenskaplikes by Shenzhen Institute of Advanced Technology ontwikkel ‘lewende tekstiel’ vir futuristiese klere: programmeerbare, bioafbreekbare materiaal wat binne 41 dae afbreek

Bryan Kohberger beweer daar was “verontskuldigende getuienis” in sy saak voordat hy skuld erken het aan moord op 4 studente in Idaho (2022) en dat hy toegelaat moet word om sy skulderkenning terug te trek en ‘n nuwe verhoor te kry
Sitplekke op 100de Boeing 737 MAX-vliegtuie wat in VSA geregistreer is, verkeerd geïnstalleer en moet herstel word, andersins kan sitplekke passasiers tydens noodlanding beseer
