Vandag in die nuus

Maria Tshiremba het 'n driekuns vir die Bok-vroue behaal. Foto: X
Maria Tshiremba het ’n driekuns vir die Bok-vroue behaal. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

54-jarige man van Plattekloof naby Kaapstad het gesterf terwyl hy saam met sy seun (23) branderplank by Bloubergstrand gery het

#Derbyreeks Paul Roos Gimnasium het in taai kragmeting daarin geslaag om Grey College met 37-29 te verslaan

Rika Norris (60) wat op 23 Mei vanjaar as vermis aangemeld is nadat sy by Lourensford met haar hond gaan stap het, se liggaam is Saterdag deur soekgeselskap gevind

Nóg ’n verdagte (44) in hegtenis geneem tydens moordondersoek van Nhlalayenza Ndlovu, DA-raadslid van die uMngeni-munisipaliteit, sal na verwagting Maandag 17 Augustus 2026 in Howick-landdroshof verskyn

16 partytjiegangers in hegtenis geneem vir dronkbestuur ná feesvieringe om die einde van die sneeu in KZN te vier

21-jarige bak kluitjies oor beweerde gewapende roof op Gautrein, genoop om te erken dit was vals aantyging

2 Chinese burgers in arres in Johannesburg oor beweerde bedrog en onwettige vuurwapenaktiwiteite, een van die verdagtes glo gesoek vir R105 m-bedrogsaak in Kaapstad

Vier verdagtes in polisie-uniforms sny boer in Capricorn-distrik, Limpopo, se vingers af in gewelddadige plaasaanval – gewere, ammunisie, selfone en kontantgeld gebuit

Tradisionele geneser (40) wat daarvan beskuldig word dat hy twee meisies, onderskeidelik 13 en 16 jaar oud, seksueel aangerand het, is Vrydagaand tydens beplande operasie in Zwelisha, KZN, in hegtenis geneem

Veiligheidswaarskuwing aan motoriste ná noodlottige voorval waar klipgooiery in Bedfordview plaasgevind het

Kollig op veiligheid van studente wat in privaat verblyf buite kampus in Gqeberha woon ná ’n groot oproer oor twee beweerde verkragtingsvoorvalle gedurende Vrouemaand

Twee studente, 19 & 23, van die Universiteit van Fort Hare in polisiebewaring ná hulle glo voorwerpe na bewegende voertuie gegooi en probeer het om ’n polisievoertuig aan die brand te steek

Springbok-vroue het met 5-10 agterstand teen rustyd teruggeveg en Fiji in hul tweede toets met 29-22 verslaan, hul tweede opeenvolgende oorwinning oor dié span

Internasionaal

Eminem se eksvrou, Kim Mathers, is weer agter tralies nadat haar borgtog teruggetrek is ná beweerde oortredings van die voorwaardes van haar vrylating

NSW, Australië, sal op 2 November met ’n terugkoopprogram vir vuurwapens begin ná die massaskietery wat in 2025 by Bondi Beach plaasgevind het

Kolthoum Akbari (56) wat bekend staan as Iran se “Swart Weduwee”, is ter dood veroordeel nadat sy glo erken het dat sy 12 van haar 13 mans oor tydperk van 22 jaar vermoor het

Massaskietery by Virginia-universiteit laat talle gewond, volgens Chesterfield County-polisie het verskeie gewapende mans om 01:30 (Amerikaanse tyd) lukraak begin skiet

Maatskappye wat goedere deur Singapoer verskeep, moet ten volle aan land se wette en regulasies te voldoen, insluitend om land en streek van oorsprong akkuraat aan te dui

Volgens Zelenski het Oekraïense magte Rusland se Progress-vuurpyl- en ruimtesentrum aangeval waar vervaardiging en bedryf van ruimtelanseervoertuie plaasvind

’n Tweede aardbewing, dié keer een van 6.9, het Indonesië op dieselfde dag getref

Sowat 19 miljoen eiers afkomstig van 2 plase in Texas hou risiko van ernstige gesondheidsgevolge, insluitend die dood, in en verbruikers word versoek om eiers weg te gooi of aan handelaars terug te gee

Volgens VN-kundiges is geskatte losprys van $50 miljoen (R810,2 miljoen) vir gyselaar wat in 2025 Mali deur militante met Al-Kaïda-bande ontvoer is, gebruik om hul opmars oor W-Afrika en hul wêreldwye netwerk te financier

Chaos het regoor Australië geheers toe Mastercard-transaksies nie kon plaasvind nie, ’n stelselopgradering was glo die oorsaak dat verbruikers se kaarte geweier is

Ses mense, insluitend die verdagte, Chad Hickman (36), is dood en nog ’n persoon is in ’n kritieke toestand ná ’n massaskietery in Missaukee County, Michigan

Dodetal na kragtige aardbewing in Indonesië styg tot 38

Meer as 20 mense het Saterdag tydens geweld tussen mededingende Kambari- en Fulani-gemeenskappe in sentraal-Nigerië gesterf, aldus wetgewer

Ontwrigting by Heathrow-lughawe nadat toegang tot Terminale 2 en 3 beperk is vanweë oorstromings

7 gedood in Israeliese aanval Saterdag in die suide van die land, die hoogste dodetal sedert ooreenkomste in Junie tot afname in vyandelikhede tussen Israel en Hezbollah gelei het

Wallabies het Japan met 56-17 in Townsville, Australië, verpletter

Luigi Mangione (28) het skuldig gepleit in verband met noodlottige skietdood van UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson, in Desember 2024

Toeriste en inwoners genoop hul plekke van verblyf te verlaat ná aardbewing wat 5 op Richerskaal registreer, Granada (Spanje) getref het, verskeie ander Spaanse provinsies het ook die skudding gevoel

Beweerde ‘plagiaat-prof’ Jason Arday van Cambridge-universiteit Vrydag dood in Londen aangetref, enkele dae nadat hy vanweë ernstige bedenkinge oor sy kwalifikasies bedank het

Vlugramp deur op-en-wakker vlugverkeerbeheerder afgeweer toe 2 American Airlines-stralers met dieselfde vlugnommer op dieselfde roete oor Phoenix beweeg het

Tropiese Storm Lala draai in rigting van Hawaii, indien dit versterk en op Big Island aan land kom, sal dit staat se eerste orkaan wees sedert verwoestende Iniki in 1992

7.7-aardbewing skud Indonesië, kragtige naskokke teister die gebied en tsoenami-waarskuwing uitgereik


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos