Vandag in die nuus

Dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste.
Dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste. Foto: Gallo Images/Darren Stewart.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 8 September, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Die ANC het die kieshof genader om die uitsluiting van sommige van sy kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing in November te betwis, en beweer dat tegniese probleme met die OVK se stelsel veroorsaak het dat hulle nie voor die sperdatum geregistreer is nie, ’n bewering wat die kommissie ontken.
  • Polisievakbond Popcru meen dat gebrekkige infrastruktuur, eerder as personeel se nalatigheid, moontlik tot ’n gevangene se ontsnapping uit die Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng bygedra het, nadat die departement van korrektiewe dienste 8 amptenare kennis gegee het dat hulle skorsing oorweeg ná die voorval.
  • SA se ekonomiese groei het in die 2de kwartaal met 0,2% gekrimp en daarmee ’n tydperk van 6 opeenvolgende kwartale van groei beëindig.
Johann Symington.
Johann Symington. Foto: Verskaf.
  • NG Kerk-predikant en skrywer Johann Symington, wat ook die redakteur van die Kerkbode en LIG-tydskrif was, is in die ouderdom van 78 oorlede.
  • Die borgtogaansoek se uitspraak van die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkwanazi, en 5 medebeskuldigdes sal na verwagting vandag in die Brakpan-landdroshof gelewer word.
  • Die onregmatige plasing van ekstra leerders by Swartruggens Gekombineerde Skool, wat belastingbetalers reeds derduisende rande gekos, is weer onder die loep met die Noordwes-onderwysdepartement wat nou deur die hooggeregshof beveel is om binne 5 dae alle uitstaande verslae en dokumentasie in te dien nadat dit verskeie hofsperdatums gemis het.
  • Ndodana Tshuma het skuld beken op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en oortredings van die Immigrasiewet, terwyl Britse owerhede hom ook soek vir die moord op sy vrou en 2 dogters.
Die Britse voortvlugtige en vermeende moordverdagte, Ndodana Tshuma, het vandag in die hof verskyn op aanklagte van uitlewering en die onwettige besit van ’n vuurwapen.
Die Britse voortvlugtige en vermeende moordverdagte, Ndodana Tshuma, het vandag in die hof verskyn op aanklagte van uitlewering en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Foto: Skermgreep.
  • Die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie het bevind dat die ontbinding van die taakspan wat politieke moorde ondersoek moontlik die motiewe van georganiseerde misdaadsindikate bevorder het, terwyl lede van die komitee wat bewerings van korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, ook saamstem dat die getuienis van Senzo Mchunu, wesenlike teenstrydighede bevat het.
  • Bok-breier Rassie Erasmus oor laaste Greatest Rivalry-toets: ‘Ons twyfel geensins dat dit nóg ’n epiese kragmeting gaan wees wat ’n volle 80 minute se maksimum inspanning in aanval én verdediging sal verg nie, daarom sal ons die spelers hierdie week versigtig bestuur om seker te maak hulle is fisiek en geestelik gereed vir Saterdag.’
  • Greatest Rivalry: Rassie bly by gesoute span, met die beseerde Damian Willemse en vuurwarm Morné van den Berg wat die enigste twee veranderinge aan die beginspan is.

Oorsee

  • 12 lande, waaronder Brittanje, Kanada en Frankryk, het aangekondig dat hulle sanksies op handel met Israeliese nedersettings in die Wesoewer gaan instel ná ’n toename in aanvalle deur Israeliese setlaars op Palestynse dorpe in dié besette gebied.
  • Juan Jesus Vivas, die leier van Spanje se Noord-Afrikaanse enklawe, Ceuta, het ’n beroep op die EU gedoen vir groter ondersteuning aan die gebied, wat hy as ’n ‘drukkoker’ beskryf het ná die groot toestroming van buitelanders gedurende Julie vanjaar.
  • Ysland se departement van buitelandse sake en minister hul minister van dié departement het die Amerikaanse ambassadeur ontbied nadat president Donald Trump ’n kaart gedeel het waarop dit voorgekom het asof die eiland deel van die Verenigde State is.
Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs).
Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs). Foto: Jim Watson / AFP.
  • Die Duitse polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem in verband met ’n reeks sabotasie-aanvalle op die elektrisiteitsnetwerk, met berigte wat daarop dui dat dit ’n 48-jarige klimaatsaktivis is.
  • Israelse president Isaac Herzog het gewaarsku teen Britse sanksies op nedersettings in die besette Wesoewer wat na verwagting vandag aangekondig sou word en gesê die besluit sal ‘aan die verkeerde kant van die geskiedenis’ val.
  • 6 mense is dood en nog 9 word vermis nadat grondverskuiwings in Oos-China, veroorsaak deur swaar reën ná tifoon Saudel, gebiede getref het.
  • Die teenwoordigheid van Serwiese amptenare by die begrafnis van die oorlogsmisdadiger Ratko Mladić, die sogenaamde ‘Butcher of Bosnia’, is ‘uiters betreurenswaardig’, het die EU-leiers Ursula von der Leyen en António Costa gesê.
  • 2 diewe het by ’n museum wat aan die Franse impressionistiese skilder Pierre-Auguste Renoir in Suid-Frankryk gewy is, ingebreek en 4 kunswerke van sowat $10 miljoen gesteel, waarvan een laat val is toe hulle gevlug het.
  • Brittanje het £100 miljoen (ongeveer R2,4 miljard) bewillig om Oekraïne se lugverdediging te versterk, insluitend die verskaffing van Patriot-lugafweermissiele, het die regering aangekondig.
  • Saoedi-Arabië het gesê aanvalle deur Jemen se Houthi-rebelle op energiefasiliteite in die suide van die land het brande veroorsaak en sommige bedrywighede tydelik tot stilstand gebring.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos