Vandag in die nuus

Lions-breier, Ivan van Rooyen.
Lions-breier, Ivan van Rooyen. Foto: Chris Fairweather/Gallo Images.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 5 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Sewes: Brittanje klop Blitsbokke 19-14 in ekstra tyd tydens eerste wedstryd in Bordeaux én Jayden Nell deur medici van veld af gehelp.
  • VRK: Marcell Coetzee en Johan Grobbelaar sal in Saterdag se halfeindstryd vir hul 100ste en 150ste wedstryd vir die Bulls uitdraf.
  • VRK: Lions se Ivan van Rooyen en Stormers wen onderskeidelik BKT afrigter en spelers se speler van die seisoen.
  • Stormers: Wandisile Simelane vervang Senatla op vleuel en slot Ruben van Heerden is ook uit die beginspan gelaat weens ’n besering.
Bulls-flank Marcell Coetzee.
Marcell Coetzee. Foto: Gallo Images.
  • 11 senior polisiebeamptes wat met die omstrede Medicare24 verbind word, is geskors hangende die afhandeling van dissiplinêre en verwante ondersoeke.
  • Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê beurtkrag is besig om iets van die verlede te word, met betroubare energie-opwekking wat ’n sleutelrol in BBP se groei speel.
Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, spreek joernaliste toe buite City Power se hoofkantoor in Booysens, Johannesburg, ná 'n vergadering met Dada Morero, burgemeester van die metro (regs).
Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, spreek joernaliste toe buite City Power se hoofkantoor in Booysens, Johannesburg, ná ‘n vergadering met Dada Morero, burgemeester van die metro (regs). Foto: Jana Marx.
  • Die geskorsde hoof van die Valke in KZN, Lesetja Senona, sal nie meer Vrydag voor die Madlanga-kommissie getuig nie nadat sy regsverteenwoordiger siek geword het.
  • Eskom het ’n ooreenkoms met Zululand Energy Terminal onderteken om die Richardsbaai-gas-tot-kragprojek te ontwikkel.
  • Spanning bly toeneem: 14 ongedokumenteerde buitelanders is in Mpumalanga in hegtenis geneem.
  • Bafana Bafana se opwarmwedstryd teen Jamaika, wat vandag sou plaasvind, is tot Saterdag uitgestel.
  • Die Griekwastad-moordenaar se parool is teruggetrek en sal nog in die tronk moet bly, het dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, bevestig.
  • Die Ad Hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin met persoonlike beraadslagings oor sy finale verslag en Parlementslede het Donderdag vergader vir ’n opdatering, wat ook ’n brief van die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, se regsverteenwoordigers insluit.
  • Volgens eNCA is Richard Shibiri, afgedankte nasionale hoof van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, afgedank weens sy bande met Vusimuzi ‘Cat’ Matlala wat die SAPD in ’n slegte lig gesit het.
Ierse rugbybreier, Andy Farrell.
Ierse rugbybreier, Andy Farrell. Foto: Facebook.

Oorsee

  • Ierland-breier, Andy Farrell, sal tot die Rugbywêreldbeker in 2031 die Iere se mansspan afrig.
  • Las Vegas het sy kontrak met Formule 1 met nog 10 jaar verleng.
  • Chinese president Xi Jinping sal volgende week Noord-Korea besoek, sy eerste buitelandse besoek vanjaar nadat hy ’n reeks leiers ontvang het terwyl Beijing homself as ’n globale diplomatieke supermoondheid vestig.
  • Israel se weermag het gewaarsku dat hy drie dorpe noord van die Litani-rivier in Libanon gaan aanval.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie