Vandervijlpark: ‘Ons kan sien wat ons inasem’

Een van Vanderbijlpark se fabrieke kan skaars gesien word as gevolg van die besoedeling.
Een van Vanderbijlpark se fabrieke kan skaars gesien word as gevolg van die besoedeling.

Vir Johan Riekert (63) is die bruin waas, wat gereeld oor Vanderbijlpark hang, lankal nie meer net ’n uitsig nie – dit is die lug wat hy en sy gesin elke dag inasem. “My vrou lê in die hospitaal met longontsteking.”

Die IQAir- internasionale luggehalteplatform het inwoners onlangs gewaarsku om maskers te dra, buitemuurse aktiwiteite te beperk en vensters toe te hou omdat die dorp se PM2.5-vlakke – dit is die mikroskopiese fynstof-deeltjies wat die diepste in die longe indring – 23,8 keer hoër as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se jaarlikse riglyn is.

En inwoners word nooit hieroor gewaarsku nie.

‘Die munisipaliteit doen niks’

“Emfuleni is nie-bestaande. Letterlik nie-bestaande. Dit het nog nooit so sleg gegaan in Vanderbijlpark soos nou nie, watergewys, lugkwaliteitgewys, riool-gewys, paaiegewys.

“Ons kry geen hulp nie,” sê Riekert.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, sê die munisipaliteit wat die wetstoepassing moet doen, doen nie hulle deel nie. “Ek kan nie onthou dat daar ooit vir inwoners gesê is: ‘Dra maskers’ of ‘Vandag gaan die luggehalte baie sleg wees’ nie. Die verantwoordelikheid lê by die distrik om hierdie tipe goed te doen, maar dit gebeur nie.”

Blignault stem saam. “Ons e-posse word nie beantwoord oor rioolstoppe, kragonderbrekings, robotte wat nie werk nie en slaggate nie.

“Dit is tyd dat die gemeenskap begin opstaan en saamstaan om Emfuleni te forseer om hulle werk te doen.”

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos