Die sewende, en laaste, groepronde van die Varsitybeker-reeks vanjaar was oudergewoonte weer vol drama en ’n skok of twee.
Tuks en NWU Arende se plek in die halfeindstryd was verseker, maar watter twee spanne by hulle sou aansluit, moes nog bepaal word.
Hoewel UJ deur Tuks vermorsel is, het die Ikeys se verloor teen die Arende bekende dat hulle nie die hlafeindstryd-wedstryde gaan maak nie.
Die puntelys voor ronde sewe en ná die tyd was dus presies dieselfde: Tuks, Arende, Maties en dan UJ.
Tuks was te sterk vir UJ en het met 51-22 gewen, terwyl die Arende ’n hoë-telling riller teen UCT gewen het met 56-53.
Emeris het vir ’n verrassing gesorg deur slegs hul tweede wedstryd van die seisoen te wen toe hulle Shimlas met 41-19 klop, terwyl Maties vir CUT met 38-23 gewen het.
Tuks sal nou in Pretoria teen UJ kragte meet en Maties sal die Arende in Potchefstroom moet klop om na die eindstryd deur te dring.
Halfeindstryd
Maandag, 6 Maart
16:45 NWU t. Maties
19:00 Tuks t. UJ
- Kry al jou rugbynuus in Die Papier en op KickOff.com.
