Vanjaar se Varsitybeker-reeks se rugbydraaiboek kon tot reg teen die einde deur niemand beter as die spanne self geskryf word nie.
Met nog net een ronde oor, is net die spanne van Tuks en die Noordwes-Universiteit se Arende van hul plekke in die halfeindronde verseker.
Maties en die Universiteit van Johannesburg is dalk die sterkste aanspraakmakers op die oorblywende twee plekke, maar die verdedigende kampioene, Ikeys, en selfs die Shimlas, kan nog by die agterdeur inglip.
Slegs vyf punte skei die vier beste spanne.
- Lees Hennie Koortzen se volledige artikel oor die Varsitybeker in Die Papier, wat tans op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
Varsitybeker-wedstryde
Maandag, 30 Maart
16:45 UJ t. Tuks
19:00 Emeris t. Shimlas
19:00 NWU t. Ikeys
19:00 CUT t. Maties
