Barnard Beukman het in Die Papier van 28 Augustus gevra dat partye meer as vae beloftes moet maak om te wys hoe hulle die hoofstad uit sy huidige verknorsing gaan red. Hy vra vir aksieplanne met duidelike tydlyne wat uiteensit hoe ’n nuwe stadsregering die ANC-erfenis van wanbesteding, kaderontplooiing, infrastruktuurverval en ondoeltreffendheid gaan ontstrengel.
Die VF Plus aanvaar graag dié uitnodiging, skryf Willie Spies, die VF Plus se burgemeesterskandidaat in Tshwane.
Ons kernboodskap is eenvoudig: ’n Stad werk wanneer sy inwoners en die gemeenskappe wat hulle vorm, weer beheer het; wanneer belastinggeld nie in ’n bodemlose put verdwyn nie en wanneer kundige vakmanne, eerder as politieke base, die werk doen.
- Lees Willie Spies se volledige skrywe in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
