Wanvoeding nie teen 2030 uitgeroei – kenner

Volgens Unicef ly nagenoeg 290 000 Suid-Afrikaanse kinders aan ’n vorm van wanvoeding. Foto: Pexels
Volgens Unicef ly nagenoeg 290 000 Suid-Afrikaanse kinders aan ’n vorm van wanvoeding. Foto: Pexels

Die Suid-Afrikaanse regering gaan waarskynlik nie sy doelwit bereik om honger en alle vorme van wanvoeding – spesifi ek onder kinders – teen 2030 uit te roei nie; gewis nie terwyl 3,7 miljoen Suid-Afrikaanse huishoudings aan die een of ander vorm van wanvoeding ly nie, sê Statistieke Suid-Afrika.

Hoë – en nou ook stygende – lewenskoste is een van die grootste struikelblokke in die stryd teen wanvoeding.

Dit het tydens die Menseregtekommissie (MRK) se sittings oor voedselsekerheid vandeesweek aan die lig gekom.

Beperkte politieke wil om moeder- en kindergesondheid te bevorder, is die kernprobleem, sê prof. Lisanne du Plessis van die Universiteit Stellenbosch (US) se Skool vir Menslike Voeding.

Sy sê al is daar verskeie programme en beleide in die land, word dit nie deur politici deurgevoer nie

  • Rasaad Adams skryf oor hierdie kwessie in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie