Argentinië het sy groep aangekondig vir die komende toetse teen die Springbokke en Australië, met afrigter Felipe Contepomi wat 10 spelers sonder toets-ervaring vir die wedstryde ingesluit het.
Los Pumas pak die Springbokke op Saterdag 8 Augustus in Buenos Aires voordat hulle later die maand in ‘n reeks van twee toetse teen die Wallabies te staan kom.
Contepomi het ná die aankondiging verduidelik waarom hy besluit het om verskeie senior spelers te laat rus.
“Hierdie drie wedstryde wat voorlê, is baie belangrik vir ons,” het Contepomi gesê.
“Ons ontvang die tweemalige wêreldkampioene, en daarna speel ons ‘n reeks teen die Wallabies waarin die wedstryde altyd uiters uitdagend is.
“Ons doel is om onsself so goed moontlik voor te berei en gereed te wees vir hierdie wedstryde.
“Fisieke en geestelike welstand is vir ons van kardinale belang, en daarom gaan verskeie spelers rus. Dit sal ons ook die geleentheid gee om ons spelersgroep uit te brei en met nuwe gesigte te werk.
“Soos ons altyd beklemtoon, is ons doel om spelers voor te berei om suksesvol vir Los Pumas te speel.”
Argentinië-groep vir die toetse teen Suid-Afrika en Australië
Voorspelers
- Facundo Cardozo
- Franco Carrera
- Pedro Delgado
- Efraín Elías
- Benjamín Grondona
- Tomás Lavanini
- Rodrigo Martínez
- Pablo Matera
- Francisco Moreno
- Joaquín Moro
- Leonel Oviedo
- Juan Penoucos,
- Guido Petti
- Tomás Rapetti
- Ignacio Ruiz
- Juan Martín Scelzo
- Mayco Vivas
- Boris Wenger
Agterspelers
- Simón Benítez Cruz
- Gonzalo Bertranou
- Santiago Carreras
- Lucio Cinti
- Agustín Fraga
- Rodrigo Isgró
- Ignacio Mendy
- Matías Moroni
- Agustín Moyano
- Benjamín Ordiz
- Santiago Pernas
- Gerónimo Prisciantelli
- Nicolás Roger
- Faustino Sánchez Valarolo
- Mateo Soler
- Tobías Wade
