Ons eerste redaksie, met plek vir medewerkers

Die Papier.

Die eerste redaksie van Die Papier bestaan uit ’n veelsydige span uit verskillende generasies:

Barnard Beukman, redakteur

’n Ervare joernalis, wat ook voorheen ’n uitgewer en redakteur was.

Lucia Poolman, nuusredakteur

Dié voormalige tydskrifredakteur en akademikus sal Barnard se regterhand wees.

Vernon Janse van Rensburg, inhoudsredakteur

Ervaring in nuusproduksie, verpakking, uitleg en radionuus.

Gerrie Lotriet, uitlegkunstenaar

Jare ervaring van drukuitleg en elektroniese grafika.

Ilse Salzwedel, hoofsub

Wye ervaring in tydskrifte, boeke, burgerlike aktivisme en radio.

Jana Marx, politieke redakteur

Bekroon op vele terreine van ondersoekende joernalistiek.

Stehan Schoeman, sportredakteur

Veelsydige joernalis met groot kennis van en passie vir sport.

Bohemia Jumatt, senior verslaggewer

Sy het reeds merk as ondersoekende joernalis begin maak en is deur die Afrikaanse Taalraad bekroon.

Rasaad Adams, senior verslaggewer

Veelsydige joernalis wat reeds blootstelling aan nasionale, elektroniese en gemeenskapsmedia het.

Kaylie Joubert, verslaggewer

Verwerf haar graad in kommunikasie (cum laude) terwyl sy by ’n kunsgalery werk.

Shanell Binedell, verslaggewer

Redakteur van die NWU-studentekoerant, Die Wapad, terwyl sy joernalistiek studeer het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie