Ierland het die naweek se sportaksie met nog ’n oorwinning in die Ses Nasies-rugbykompetisie afgeskop deur Wallis gisteraand in Dublin met 27-17 te wen.
In ’n wedstryd wat talle verwag het dat hulle sou oorheers, moes Ierland hard werk vir die oorwinning teen ’n Walliese span wat desperaat was om die 13 Sesnasie-wedstryde wat hulle al in ’n ry verloor het, hok te slaan.
LEES | Iere steek bonuspunt in die sak met oorwinning oor die dapper Drake
Ierland is nou in die tweede plek op die punteleer ná die voorlopers, Frankryk. Wallis het nog die houtlepel stewig in die hand met die laaste plek en kon nog geen wedstryd in vanjaar se reeks wen nie. Skotland is derde, Engeland vierde en Italie vyfde. Skotland en Frankryk pak mekaar vanmiddag om 16:00 gevolg deur Engeland en Italie om 18:30.
Lees ook hoekom die Sesnasies-trofee vanjaar ’n plaasvervanger moes kry. Als op Die Papier.
