Zille wil padgate ‘binne 72 uur’ vul – en nog naweeknuus

Politikus Helen Zille stel haar plan om Johannesburg reg te ruk, bekend.

Helen Zille maak haar verkiesingsbesloftes vir Johannesburg bekend terwyl die O.R. Tambo-lughawe en dele van Johanneburg sonder water gesit het. Die  Dubai se lugawe is weer gesluit nadat ’n Iranse missiel daar naby geval het en pres. Cyril Ramaphosa het in Amerika geland vir huldigingsbyeenkomste van die oorlede burgerregte aktivis Jesse Jackson.

Zille se vyfpuntplan vir indien sy burgemeester van Johanneburg word, is vanoggend deur haar bekendgemaak. Dit is betroubare water en elektrisiteit in samewerking met die private sektor. Slaggate in paaie “sal binne 72 uur gevul word” en 95% van verkeersligte moet op enige tydstip werk. Sy voorsien 200 000 nuwe werkgeleenthede uit groei weens goeie dienste. Wet en orde en die uitroei van korrupsie is die vierde punt. Haar vyfde punt is ’n professionele en moderne metroregering.

Terwyl sy haar manifes bekendgestel het, het dit bekend geword dat O.R. Tambo-lughawe sonder enige water is. Dele van die metro in die noordooste, naby die lughawe is ook afgesny. Intussen het die lughawe laat hoor dat hul watertoevoer weer herstel is.

Die president van Iran, Masoud Pezeshkian, het vanoggend in ’n video-uitsending sy Amerikaanse ampgenoot, Donald Trump, se eis verwerp dat die land onvoorwaardelik oorgee. Dit sal volgens hom “nooit gebeur nie.” Hy het verskoning gevra vir Iran se aanvalle op Golf-state en aangedui dit kan nou gestaak word. Volgens hom was dit streekbevelvoerders in Iran wat sentrale kontak verloor het. Indien Iran nie uit daardie lande aangeval word nie, sal hulle dit ook nie meer doen nie. Tog is Dubai se lugawe weer gesluit nadat ’n Iranse missiel daar naby geval het.

Ramaphosa gaan laat vanaand Suid-Afrikaanse tyd aan een van verskeie huldigingsplegtighede vir Jackson deleneem. Hy het vroeer vandag in Chicago geland.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie