Die Blitzbokke klop Aussies, speel in Vancouver-eindstryd

Blitzbok Ronaldo Brown in aksie in Vancouver.

Teen rustyd het die Australiërs 12-7 in die halfeindstryd voorgeloop en was dit duidelik dat die Blitzbokke sou moes terugveg as hulle in die Vancouver-finaal wou speel.

Ronald Brown het die eerste punte vir Suid-Afrika aangeteken, maar twee drieë deur Aden Ekanayake en Dietrich Roache het die Aussies teen halftyd laat voorloop.

Suid-Afrikaner David Brits het die tweede helfte perfek begin deur homself én ’n verdediger oor die doellyn te boender.

Die Blitzbokke het die oorwinning met 30 sekondes oor beklink toe hulle ’n omkeerbal gewen het en die bal na Selvyn Davids op die vleuel gewerk het. Hy het gemaklik gaan druk vir ’n onverdoelde drie om Suid-Afrika 19–12 te laat voorloop, wat toe ook die eindtelling was.

Suid-Afrika sal 02:34 SA tyd teen Spanje te staan kom in die eindstryd. Hou Die Papier en KickOff Rugby Maandagoggend vroeg dop om te sien of die Blitzbokke gewen het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie