Dobson erken ‘Kaptein’ Sacha FM was dalk ’n fout

Losskakel Sacha Feinburg-Mngomezulu tydens die Stormers se wedstryd teen die Lions.

Almal kon dit sien . . . Selfs die Lions-ondersteuners wat in hul kragmeting teen die Stormers einde Februarie by sy swakker spelpeil gebaat het, moet teësinnig erken: Dis nie goed dat rugbyster Sacha Feinberg-Mngomezulu sy towerkrag kwyt blyk te wees nie.

John Dobson, Stormers-breier, was Maandag baie reguit toe hy oor Sacha as Stormers-kaptein gepols is. Hy het erken dat dit ’n fout was om Feinberg-Mngomezulu vroeer vanjaar die kapteinskap te gee, gegewe die groot verantwoordelikheid wat hy reeds in die span dra.

Die Stormers sal komende Saterdag teen die Bulls speel, die laaste van vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap (VRC) plaaslike derbies. Die Stormers, wat die 2025/2026-seisoen met agt agtereenvolgende oorwinnings begin het, het die laaste drie wedstryde teen die Sharks, Bulls en Lions vasgeval.

“Ek dink die fout wat ek gemaak het, was die ooglopende oorlading, weet jy,” het Dobson Maandag in ’n perskonferensie erken.

“Hy is nou die David Beckham van Suid-Afrikaanse rugby. Wat profiel betref, is hy die x-faktor-man. Ons nommer 10, en almal se 10, is die speler wat die spel dryf. Ons 10 wag en roep die bewegings in ons spel.

“En om dan die kapteinskap ook op ’n destydse 23-jarige te laai, was ons fout, weet jy.”

In die eerste uitgawe van Die Papier, berig Merwe Coetzee, dat die nuus uit die Stormer-kamp is dat daar halstarrig aan dieselfde spelers vasgeklou word. Jongelinge op die rand van die groep, wat in topvorm is, word oor die hoof gesien.

Sedert die begin van die VRC het die Stormers drie uit die vier wedstryde teen die Bulls op Loftus gewen. Gaan Saterdag se wedstryd ook in guns verloop, of gaan Dobson en sy breierspan nog dieper introspeksie moet doen?

Artikel deur Craig Taylor


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie