Die Papier se tweede uitgawe is vandag, Vrydag 13 Maart, op die rakke. Die e-koerant is ook op Magzter beskikbaar.
Dié uitgawe sluit onder ander in:
- ’n ANC-lid wat kommer uitspreek dat “die ANC gaan sneuwel in hierdie plaaslike verkiesing” weens chaos in die koalisieregering van die Ekurhuleni-metro.
- Pres. Donald Trump wat weer van deuntjie verander oor die oorlog wat nou verder as die Midde-Ooste versprei.
- Corné Mulder, leier van die VF+, lewer repliek op hoekom kiesers hul kruisies moet gaan trek.
- Die Blitsbokke se toets in New York en die kragmeting op Fort Loftus tussen die Bulls en die Stormers.
Dít en nog vele meer in Die Papier.

