Dit beloof om een massiewe kragmeting te wees. Ja, die laaste ronde van die Sesnasies-toernooi speel ook hierdie naweek af, maar die Stormers pak die Bulls op Loftus Versfeld. Groter, kan dit nie.
Die Stormers het dié Verenigde Rugbykampioenskap onverbeterlik begin, maar die laaste drie agtereenvolgende wedstryde verloor. Daarteenoor het die Bulls tydens die begin van die toernooi gesukkel, maar onlangs vorm gevind en die wenne begin inryg.
LEES | ‘It’s not that we’re a bad team’: Fourie confident Stormers can turn things around
Die belangrikste veranderinge aan die span is die terugkeer van Ruhan Nel, wat by Sacha Feinberg-Mngomezulu oorvat as kaptein en Deon Fourie wat weer op flank opdraf. Beide hierdie spelers was vir lang tye op die krukkelys. Marcel Theunissen sal egter in die beseerde Evan Roos se plek speel.
Aan die Bulls se kant sal dit Springboksterre Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar en Wilco Louw wees wat voor in die skrum sak. Elrigh Louw hardloop ook deesdae weer op die veld, aangesien hy vir meer as ’n jaar alle rugbywedstryd as toeskouer moes dophou.
Die wedstryd skop 14:00 af.
Só lyk die Stormer-span

Só lyk die Bulls-span

