Antonelli (19) skryf F1-geskiedenis met eerste GP-oorwinning in Shanghai

Kimi Antonelli wen sy eerste Grand Prix in Shanghai.
Kimi Antonelli wen sy eerste Grand Prix in Shanghai. FOTO: F1.

Die 19-jarige Italianer Kimi Antonelli was reeds die jongste renjaer om in eerste posisie weg te spring in F1-geskiedenis, maar kon dié rekord verbeter deur ook die Shanghai-resies te wen.

Dit was ’n prestasie wat nou amptelik die koms van motorsport se volgende superster aangekondig het.

Antonelli het koelkop gebly om te verseker dat hy eerste oor die wenstreep te ry. Sy spanmaat, George Russell, wat eerste in Australië geëindig het, het dié keer tweede plek behaal. Veteraan Lewis Hamilton, kon vir die eerste keer as in Ferrari-klere op die podium staan.

Nog voor die resies begin het, was die drama reeds volop toe beide McLaren-motors nie kon wegspring nie. Dit het vir Antonelli ’n onverwagse voordeel gegee, maar ook groot druk op die tiener geplaas.

Russell, met sy aggressiewe styl, kon vir Charles Leclerc en Hamilton verbysteek, maar teen daardie tyd het sy spanmaat reeds sewe sekondes voorgeloop.

Toe Antonelli oor die wenstreep ry vir sy eerste oorwinning, was hy duidelik oorstelp van emosie. Sy stem het oor die radio gebreek terwyl die trane begin vloei het.

  • Lees NovaNews se volledige verslag van die resies hier.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie