As ’n vriendskap in jou laat jare dertig of veertig skielik eindig, is dit byna meer traumaties as wanneer ’n romantiese verhouding op die rotse loop – die kans is immers goed dat jou geliefde minder van jou af geweet het as jou vertroueling.
Of jy dus nou 10 jaar oud is en stry kry met ’n maatjie, of op 40 besef dat ’n vriendskap verby is – die pyn van verhoudingsdraadjies wat geknip word, kan séér maak. Veral wanneer jy selfs van die Facebook-vriendelys af verdwyn.
- Joernalis Karla Janse van Vuuren ondersoek hoe jy dié verlies kan hanteer en jou verhoudings en vriendskappe kan koester en bou in die tweede uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te epos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
