KZN, Gauteng, laat OVK-leiers wakker lê

Sy Mamabolo tydens ’n perskonferensie.
Sy Mamabolo tydens ’n perskonferensie. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is bekommerd oor die komende plaaslike verkiesing in KwaZulu-Natal (KZN) en Gauteng, aldus Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte.

Mamabolo het aan Die Papier gesê as die kommissie twee provinsies moet uitsonder wat hulle in die nag wakker hou, is dit KZN “weens die geskiedenis van moorde op kandidate en raadslede” en Gauteng, met ’n risiko vir ontwrigtende protesoptogte.

“Ons sal met belanghebbendes in [KZN] skakel om te verseker dat ons ’n bydrae kan lewer tot die verbetering van die verkiesingsklimaat in daardie provinsie,” het Mambolo gesê.

  • Lees senior joernalis Jana Marx se artikel oor dié kwessie in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te epos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie