Meer as 200 hoogs bedreigde Afrika-pikkewyne het sedert die begin van die jaar by die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls (Sanccob) in Kaapstad uitgebroei.
Volgens Sanccob se beraming is slegs 7 996 broeipare van hierdie pikkewyne in die natuur oor.
Die organisasie het vanjaar ’n rekordgetal vermoedelik verlate eiers by kusgebiede in die streek ingesamel.

slegs 7 996 broeipare van die Afrika-pikkewyne in die natuur oor. Foto: Rasaad Adams
Tientalle eiers is nog in broeikaste.
Sanccob is onlangs met splinternuwe broeikaste toegerus, wat tot 400 eiers op ’n keer kan hou.
- Lees Rasaad Adams se berig oor dié kwesbare kusvoëls in die jongste uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
