As die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, vir korrupsieverwante klagtes vervolg nie, sal adv. Gerrie Nel toesien dat Mbalula privaat vervolg word. Nel sal dit doen deur die hof te nader om die Strafproseswet te laat wysig om private vervolging moontlik te maak.
Nel, die hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, het Woensdag op ’n mediakonferensie, waar die “Mbalula-dossier” uitgereik is, aangekondig dat sy span vir “die laaste keer” na die NVG uitgereik het. Dit is gedoen met die hoop dat die NVG, wat in 2023 besluit het om Mbalula nie te vervolg nie, van plan sal verander.
- Lees joernaliste Jana Marx,Shanell Binedell en Ilse Salzwedel se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
