Drie fluitjieblasers wat alarm gemaak het oor miljoene rande se ongerymdhede en toe daaroor afgedank is, sal geregtigheid kry. Dit was die versekering wat Lehlogonolo Masoga, die administrateur van die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir die Dienstesektor (die Services SETA), onlangs op ’n mediakonferensie gegee het.
Lehloma Ramajoe, Thandi Mkhize en Tshepiso Mofokeng (Mngceke) het die Organisasie Teen Belastingmisbruik (Outa) in 2018 genader om ongerymdhede ter waarde van miljoene rande met nege tenders by die Dienste SETA aan te meld.
Al drie het hul werk verloor, al het Outa se ondersoek oor die volgende ses jaar ’n grootskaalse korrupsienetwerk in die hoëronderwyssektor oopgevlek.
- Lees Ilse Salzwedel se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
