President Cyril Ramaphosa het SA polisiehoof, genl. Fannie Masemola, “voorkomend” geskors en lt.genl. Puleng Dimpane sal waarneem in sy rol.
Kyk hier na Ramaphosa se toespraak vanaf die Uniegebou vroeër:
In Ramaphosa se toespraak het hy mense aan sy staatsrede vroeër vanjaar herinner. Hierin het Ramaphosa gesê dat die stryd teen georganiseerde misdaad, korrupsie en geweld die primêre fokus hierdie jaar sal wees.
“Vir hierdie stryd om suksesvol te wees, het ek gesê dit is noodsaaklik dat ons wetstoepassingsagentskappe bekwaam, eties en doeltreffend is. Dit is noodsaaklik dat hulle die vertroue en ondersteuning van die mense van Suid-Afrika het.”
In die nadraai van staatskaping moes daar hard gewerk word om die geloofwaardigheid en integriteit van die polisie te herstel.
“Ons het maatreëls ingestel om bewerings van wanoptrede binne die geledere van die polisie en ander instellings bloot te lê en te ondersoek. Hierdie maatreëls was nodig om aanspreeklikheid te verseker en regstellende stappe te ontwikkel om magsmisbruik en die diefstal van openbare hulpbronne te voorkom.
“Dit is in die nastrewing van hierdie doelwitte dat ek die kommissie van ondersoek ingestel het. Dit word gelei deur regter Mbuyiseli Madlanga om bewerings van polisiële samewerking en georganiseerde misdadige aktiwiteit te ondersoek.
“Die werk van die kommissie, soos ons almal weet, is steeds aan die gang, en ons sien uit na sy aanbevelings.
“Soos ons almal weet, het ons aan die kommissie ’n streng tydraamwerk gegee, en ons is baie bly dat hulle by dié streng tydraamwerk hou en hul verslag sal lewer.”
Dit als inaggenome, is Ramaphosa genoop om SA polisiehoof, genl. Fannie Masemola, voorkomend te skors tot sy hofsaak afgehandel is en lt.genl. Puleng Dimpane sal waarneem in sy rol.
- Volledige berig en ontleding in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
