Solly Malatsi, die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, dra die skuld vir die regering se konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie (KI), wat teruggetrek is oor fiktiewe bronne en “KI-hallusinasies” – maar hy is ook nie die enigste skuldige nie, sê prof. Erwin Schwella, ’n regeerkundige aan die Hugenote-kollege in Wellington in die Wes-Kaap.
“Ons kan nie al die vingers na die minister wys nie,” sê Schwella. “Hy het ’n verantwoordelikheid, maar sy amptenare moet ook aanspreeklik gehou word.”
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
