‘Belowende’ Wellington-rugbyspeler en klubmaat toegesluit ná seksklag

Foto ter illustrasie. Foto: Argief
Foto ter illustrasie. Foto: Argief

’n Rugbyspeler verbonde aan ’n plaaslike klub in Wellington en een van sy klubmaats sal na verwagting komende Maandag om borgtog aansoek doen wanneer hulle weer in die dorp se landdroshof verskyn op ’n aanklag van verkragting.

Die 23-jarige speler, saam met ’n 28-jarige klubmaat, het reeds op 28 April hul eerste hofverskyning gemaak.

Die saak spruit uit ’n beweerde voorval wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Volgens sers. Wesley Twigg, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, is ’n saak by die plaaslike polisiekantoor geopen. Inligting wat tot dusver beskikbaar is, dui daarop dat die beweerde voorval glo in ’n voertuig plaasgevind het kort voor ’n rugbywedstryd die afgelope Saterdag.

Die Papier verstaan dat die 23-jarige speler sy laaste wedstryd vir die prominente Wellingtonse klub die afgelope Saterdag sou uitdraf, nadat hy by ’n kontrak by ’n klub in Limpopo losgeslaan het.

Die Wellingtonse rugbyklub het intussen verkies om nie oor die saak kommentaar te lewer nie en het alle navrae na die beskuldigdes se regsverteenwoordiger verwys.

Die name van die beskuldigdes word nie bekend gemaak nie aangesien die hofverrigtinge nog in ’n vroeë stadium is.

Lees die volledigde artikel hier op NovaNews.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie