1ste hofsaak van ‘olifante’ teen staat binnekort in die Pta.-hooggeregshof aangehoor

Ramadiba, Mopane en Lammie in die Johannesburgse dieretuin.

’n Geskiedkundige toetssaak begin op 19 Mei in die hooggeregshof in Pretoria wanneer twee omgewingsorganisasies en ’n Khoisan-leier ’n aansoek teen die Johannesburgse dieretuin bring om drie olifante in hul sorg vry te laat sodat die diere gerehabiliteer kan word.

Megan Carr, die hoof van die EMS-stigting se Towards Freedom-program, sê ­Animal Law Reform South Africa (ALRSA), die EMS-stigting en Stephen Fritz, die senior hoof van die Khoi-gemeenskap, glo dié stap is hul enigste uitweg om drie olifante uit die dieretuin te verwyder.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie