’n Skenking aan Die Kinderfonds beteken meer as net die R200 000 of die Toyota Vitz wat jy kan wen. Dit gee hoop vir behoeftige kinders, onder meer in Eden Akademie in Danville, Pretoria.
“Trauma is algemeen en raak verskeie aspekte van kinders se groei – van emosionele welstand en gesondheid tot akademiese prestasie,” sê Melandri Sneygans, die hoof van Eden Akademie. Sy voeg by dat geweld, drank- en dwelmmisbruik, seksuele mishandeling en selfs blootstelling aan selfdood en kinderuitbuiting die kinders se daaglikse werklikheid is. “Ons doel is om ’n veilige hawe te bied,” sê sy.
Basiese uitgawes soos water, elektrisiteit, vervoer en skoolgeld is ’n seer punt vir gesinne, voeg Sneygans by. Daar is hul akademie ’n “baken van hoop”.

“Dié organisasie kan met die volgehoue ondersteuning van Die Kinderfonds voortgaan om lewens te verander en onderrig te bied,” sê Adrie van Staden, die uitvoerende hoof van Die Kinderfonds.
Van Staden sê die vennootskap tussen Eden Akademie en Die Kinderfonds bewys gemeenskapsamewerking is ’n kragtige instrument in die stryd teen armoede. “Elke kind verdien om ongeag sy omstandighede te groei, te leer en te floreer,” sê Van Staden.
Jou bydrae bring jou ook in aanmerking vir die groot kompetisie om die motor of geldprys te wen.
Skenk R50 vir een inskrywing om in te skryf. As jy R250 skenk, kry jy ’n gratis inskrywing – dus ses inskrywings in plaas van vyf.
Jy kan al die inligting rakende die kompetisie op Die Kinderfonds se Facebook-blad kry: https://www.facebook.com/diekinderfonds
Jy sal ’n SMS of WhatsApp-boodskap ontvang om jou inskrywings te bevestig.
Betaal jou bydrae om inskrywings te kry aan Die Kinderfonds, Absa, tjekrekeningnommer 2840157329 en gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
Gebruik die QR-kode vir kaartbetalings.
Rig alle navrae aan Adrie van Staden by 061 479 4791.
