KLM-lugwaardin in hospitaal opgeneem ná sy met vrou wat aan hantavirus sterf in Jhb. in aanraking kom

Gesondheidswerkers keer by 'n hawe in Praia, Kaap Verde, terug met die drie mense wat die virus het.
Gesondheidswerkers keer by ‘n hawe in Praia, Kaap Verde, terug met die drie mense wat die virus het. Foto: X.

’n Lugwaardin van Haarlem, Nederland, is in Amsterdam in die hospitaal opgeneem ná sy met ’n vrou in Johannesburg in aanraking gekom het.

Die vrou word by die universiteit se mediese sentrum geïsoleer én behandel vir simptome van die dodelike hantavirus.

Die 69-jarige Nederlandse vrou was op 25 April kortliks aan boord van die KLM-vliegtuig, voordat daar besluit is dat sy te siek is om te vlieg.

Sy is ’n dag later oorlede. Dié vlug sou haar kans huis toe wees, nadat haar man vroeër op ’n passasierskip oorlede is.

Dié paartjie het siek geword terwyl hulle aan boord was van die Nederlandse MV Hondius, en ’n derde persoon is ook oorlede. Drie ander persone wat siek was, is van die skip afgehaal.

Volgens die Nederlandse uitsaaiorganisasie NOS is ’n tweede ontruiminsvlug met ’n siek bemanningslid onlangs van die passasierskip na Schipol vervoer.

Die man was glo ’n 41-jarige Nederlandse man.

Nog twee mense, glo ’n 56-jarige Brit en 65-jarige Duitse vrou is ook al na Europa vervoer.

Die 56-jarige Martin Anstee, ’n bemanningslid, het aan Sky News gesê hy “voel oukei, maar daar moet nog baie toetse gedoen word”. Hy is in isolasie in die hospitaal, maar dit is onbekend vir hoe lank.

Die MV Hondius het eindelik die kus van Kaap Verde verlaat en is onderweg na die Kanariese eiland Tenerife. Daar sal dit na verwagting Saterdag vasmeer, waarna die oorblywende passasiers sonder simptome van die skip sal kan afklim.

  • Lees meer oor die hantavirus in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie