Wie het opdrag gegee dat hy vermoor moet word? Dít is wat Amy van Niekerk wonder ná die inhegtenisneming van Mukelani Ntombela (33) weens die moord op haar seun, die insolvensieprokureur Bouwer van Niekerk, in September verlede jaar.
“Wie was die opdraggewer? Wie is die mense wat betaal het?” vra sy. “’n Mens sien dikwels dat die mense wat die skietwerk doen, vasgetrek word, maar die baasbrein agter kontrakmoorde word nooit aangekeer nie.”
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
