President Cyril Ramaphosa het vanaand die nasie toespreek ná die uitspraak van die konstitusionele hof oor die Phala Phala-saak. In dié saak, wat deur die EFF aanhangig gemaak is, is die Nasionale Vergadering se besluit oor Artikel 89-verrigtinge teen die president uitgedaag.
Ramaphosa het dit duidelik gestel dat hy nie sal bedank nie. “Ek bly hier, ek sal nie bedank nie,” het hy gesê.
