Ramaphosa dank minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, af

Sisisi Tolashe is met onmiddellike effek uit haar pos as minister van maatskaplike ontwikkeling verwyder.
Sisisi Tolashe is met onmiddellike effek uit haar pos as minister van maatskaplike ontwikkeling verwyder.

Pres. Cyril Ramaphosa het die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, met onmiddellike effek uit haar pos verwyder te midde van toenemende druk oor beweerde onreëlmatighede en korrupsie.

Die afdanking, wat 14 Mei, aangekondig is, is ingevolge artikel 91(2) van die Grondwet gemaak, wat die president die bevoegdheid gee om kabinetslede aan te stel en te ontslaan.

In ’n kort verklaring het die presidensie die onmiddellike verwydering bevestig en aangekondig dat Sindisiwe Chikunga, minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, as waarnemende minister aangestel is totdat ’n permanente aanstelling gemaak word.

Tolashe, wat ook president van die ANC Vroueliga is, het die afgelope weke toenemende druk in die gesig gestaar oor verskeie bewerings van wangedrag binne haar departement.

  • Lees die volledige berig in môre se uitgawe van Die Papier en op NovaNews.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie