Wenbrief van die week: Wees vriendeliker, semigrante in Eikestad

Die munisipale kantore in Stellenbosch.
Die munisipale kantore in Stellenbosch. Foto: Arnt Haug

Nou die dag stop ek by ’n koffiekafee net buite Stellenbosch.

’n Gesin van vyf, wat voor my uit ’n fêncy BMW klim, is ongelukkig omdat hulle so lank vir hul toebroodjies moet wag (of so neem ek aan). Twee van die meisies en die vrou steek die pa aan om ten minste iets vir iemand te gaan sê. Ek verloor toe fokus en kyk self wat ek vandag gaan bestel.

Uiteindelik kom ’n jong vrou, met te veel borde in haar twee arms, by die gesin aan: “Jammer, meneer, ons moes eers langsheen gaan – ons hettie al die ingredients gehad vir hierdie order nie, maar hier is dit nou.”

Die man was onseker: Moet hy iets sê om sy vrou en kinders tevrede te stel, of is “baie dan­kie” voldoende wanneer ’n mens buite die riglyne van die spyskaart bestel en die restaurantjie dit steeds bedien?

Die BMW se nommerplaat was “CL”, maar die gereelde “mô” en “pô” van die kinders was Pretoria. Die Kaap is oop vir almal, maar wees tog vriendelik met die kelners, asseblief.

  • Belt Millar, Somerset-Wes

Skryf aan Die Papier om deel te neem aan dié gesprek en vele ander:

lesers@diepapier.co.za


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie