Schalk Burger sr. kap na SA Rugby: ‘Ons moes nooit Sanzaar verlaat het nie’

SA Rugby se Rian Oberholzer en Mark Alexander.
SA Rugby se Rian Oberholzer en Mark Alexander. Foto: Gallo Images.

Dis een groot moddergooiery . . . heen en weer, weer ’n keer.

X (destydse Twitter) lyk soos ’n slagveld soos rugbykenners en -liefhebbers mekaar die stryd aansê oor die nuutste onthulling: SA spanne oorweeg om die Europese Kampioenebeker vaarwel te roep.

Hoewel die felste kritiek oor dié besluit van duskant die waters kom, is dit ook vanuit eie bodem wat die SA Rugbyunie deurloop.

Die voormalige Springbok Schalk Burger Snr het SA Rugby gekritiseer ná onthullings dat die organisasie sy deelname aan Europese kompetisies gaan hersien, met die Kampioenebeker stewig in die kollig.

“Die groot ding gaan oor SA Rugby. Neem hulle besluite namens die franchises? Weet die franchises hiervan?” het Burger eksklusief aan KickOff Rugby gesê.

“Ons weet van al die probleme met die VRK [Verenigde Rugbykampioenskap], wat eintlik nie aan verwagtinge voldoen wat kommersiële inkomste betref nie. As jy kyk na SA Rugby se jongste finansiële state, is net R15 miljoen uit die VRK verkry.

“So, neem mense soos Rian Oberholzer, Jurie Roux en Mark Alexander besluite wat nie uitgevoer kan word nie? En probeer hulle een rugbyseisoen afdwing?”

LEES | SA Rugby flags major hurdles in McKenzie’s Rugby World Cup hosting plan but willing to listen

Burger glo SA Rugby moes nooit noord beweeg het nie en eerder by Sanzaar-gebonde toernooie soos Super Rugby gebly het.

“Ek glo ons in die Suidelike Halfrond moet Suidelike Halfrond-rugby behou,” het hy gesê.

“Daar is baie waarde daarin. Ons moes nooit Sanzaar verlaat het nie. Maar weer eens, ek dink dit is ’n enorme probleem met bestuur by SA Rugby wat besluite neem wat, volgens my, nie baie goed deurdink was nie, en nou kry boontjie sy loontjie.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie