Nuwe Paul ‘Slab’-stuk in Montecasino te sien

Paul Slabolepszy
Paul Slabolepszy

Midnight in Parys, ’n nuwe verhoogstuk deur die gerekende skrywer Paul Slabolepszy, begin op 12 Junie in die Studio-teater in Montecasino in Johannesburg.

Die regisseur is Bobby Heaney en saam met Slabolepszy is Bianca Amato in dié riller op die verhoog.

Slabolepszy plaas die dorp in sy stuk met ’n knik in die rigting van die 2011-Woody Allen-rolprent in Parys aan die rand van die Vredefort-koepel. Dit is laat in die nag in dié dorp in ’n eetplek, wat bestuur word deur ’n vrou (Amato) van Ierse afkoms en wat vyf jaar in die land is.

’n Ingenieur (Slabolepszy) van Johannesburg is die laataand-klant, wat koffie gevoer word sodat hy die reis terug kan onderneem.

  • Lees hierdie volledige artikel in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur ’n e-pos te stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of skakel 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie