“Nangu Mlungu”, ’n liedjie oor die minister in beheer van ons tronke, het sosiale media ’n week of twee gelede soos ’n bom getref. Die lirieke van dié oorwurm, hoofsaaklik in Zoeloe, is eenvoudig: “Hier is die wit man. Pieter. Pieter Groenewald.” Wat dan gevolg word “vorentoe, vorentoe”, in Afrikaans.
Wie sou twee jaar gelede, toe hy as minister ingehuldig is, kon dink dat wit én swart Suid-Afrikaners lofliedere sou sing oor ’n gryskop, wit minister van die VF Plus?
- Lees Ilse Salzwedel se volledige onderhoud met dr. Groenewald in Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
