Sewes in Bordeaux: Blitsbokke wéér kampioene ná hulle Fidji in kwarteind klop

Blitsbokke se Sebastiaan Jobb.
Blitsbokke se Sebastiaan Jobb. Foto: Getty Images.

Die Blitsbokke het wraak geneem vir hul nederlaag teen Fidji in die groepwedstryde Saterdag deur hul kwarteindstryd die middag met 14-12 te wen en daarmee saam die Wêreldkampioenskap te beklink.

Deur die halfeindronde te haal, kan die Blitsbokke nie meer bo-aan puntelys ingehaal word nie.

Twee verdoelde drieë deur Sebastiaan Jobb het Suid-Afrika gehelp om ’n agterstand van 12-0 uit te wis in ’n wedstryd waarin hulle, soos so dikwels, ongelooflike karakter getoon het.

Die oorwinning beteken hulle het die Wêreldkampioenskap beklink en sal nou daarna streef om ook die algehele titel in Bordeaux te wen.

Hulle speel Sondag om 13:14 teen Frankryk in die halfeindstryd.

Punte

Blitsbokke

Drieë: Sebastiaan Jobb (2)

Doelskoppe: Ricardo Duarttee (2)

Fidji

Drieë: Viwa Naduvalo, Kavekini Tanivanuakula

Doelskoppe: Terio Veilawa


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie