KYK: Twee bisarre oomblikke tydens Leinster se sege oor die Stormers

Stormers-slot Salmaan Moerat.
Stormers-slot Salmaan Moerat. Foto: Ashley Vlotman/Gallo Images.

Daar is twee bisarre voorvalle van die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen Leinster in dié toernooi se halfeindstryd Saterdagaand wat sosiale media behoorlik op hol het.

Die Stormers het 20-11 verloor, maar vir byna 68 minute kon die Stormers ’n rare oorwinning in Ierland ruik. Dit het egter vinnig skeefgeloop.

Eerstens het daar ’n geruk-en-pluk tussen die twee spanne ontstaan op pad kleedkamers toe vir halftyd.

Die tweede voorval is toe Leinster-skumskakel ’n geel kaart gekry het omdat hy ’n onnatuurlike aksie voltooi het deur van ’n onkantposisie sy losskakel, Sam Prendergast, se skop met sy kop af te storm.

Ja, hy het dalk glad nie eers vir die skopper of die bal gekyk nie, maar . . .

Leinster.

Dít het natuurlik nie gebeur nie.

Maar die vraag ontstaan dan, hoe sommige van die bogenoemde aksies tot Stormers-slot Salmaan Moerat se bisarre geel kaart gelei het?

Moerat, wat deur een van die Leinster spelers op ’n losgemaal neergepen word, lig sy voet op om te probeer opstaan. Gibson-Park gooi die bal in sy voete vas en Moerat word met ’n geel kaart koelkas toe gestuur.

Hoewel hoofskeidsregter Hollie Davidson se besluit deur haar kollegas beaam is, kan daar duidelik gesien word dat Moerat glad nie vir die bal, Gibson-Park of die rigting van spel kyk nie.

Nes die bogenoemde voorbeeld waar Gibson-Park onkant was, moes Moerat se “oortreding” ook net ’n skrum vir die aanvallende span wat vorentoe beweeg, gewees het.

Jean de Villiers en Schalk Burger het ná die wedstryd saamgestem dat Moerat se geel kaart moontlik nie die resultaat van die wedstryd sou beïnvloed nie, maar dat dit beslis die Stormers ’n byna onmoontlike taak gegee het om die wedstryd te wen.

Nóg reaksies op X:


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie