Welkom by die tweede uitsending van Die Papier Praat – jou weeklikse oorsig van die belangrikste nuus in Afrikaans.
Hierdie week kyk ons na die Intercape-intimidasiesaak waar sewe beskuldigdes agter tralies bly, die waterkrisis wat voortduur ten spyte van president Cyril Ramaphosa se beloofde planne, en Julius Malema se naam wat by die Madlanga-kommissie opduik. Ons berig oor ’n motorfietsryer se 14 jaar lange regstryd nadat hy ernstig beseer is toe sy motorfiets ’n slaggat getref het.
Ook: ’n nuwe MIV-entstof is nou in Suid-Afrika beskikbaar, en die Amerikaanse skaatsplankryer Jason Vanporppal het sy Johannesburgse reisgenoot met ’n motor verras.
Jana Swart gesels ook regstreeks uit Mexikostad waar die Sokkerwêreldbeker vanaand afskop.
Teken in vir nuwe episodes elke Donderdag om 19:00!
- Lees Die Papier: https://diepapier.com
- Volg ons op Facebook: https://www.facebook.com/diepapier.za
- NovaNews: https://novanews.co.za
