Ons wil elke week ’n fotoblad met skolesport publiseer. Skole, ouers, leerders en fotograwe word dus genooi om sportfoto’s vir moontlike publikasie aan te stuur.
Dit is ’n gratis aanbod.
Alle fotograwe sal erkenning kry en mag ‘n kontaknommer, e-posadres of webwerf saam met die foto laat publiseer.
Vereistes:
Foto’s moet in JPG-formaat en minstens 1MB groot wees.
Onderskrifte moet so volledig as moontlik wees en die volgende bevat:
- Die volle name van spelers, bv. Louis Oosthuizen.
- Die betrokke skool se naam.
- Waar en wanneer die kragmeting plaasgevind het.
- Die uitslag.
- Ouderdomsgroep.
- Die naam van die toernooi, indien van toepassing.
- Die fotograaf se naam.
Stuur na skole@diepapier.co.za.
