SA-hokkiespan bult hul spiere tydens Nasiestoernooi in Kaapstad

,
Foto: Facebook/SA Hockey Men
Foto: Facebook/SA Hockey Men.

Vanjaar se internasionale toernooi vind by Hartleyvale naby Kaapstad plaas en dit duur tot Saterdag 20 Mei.

Saterdag het SA diep gedelf en die span van Amerika, wat vanjaar vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het, geklop. Hul sege het tot gevolg gehad dat SA nou die tweede posisie op die punteleer beklee.

Andrew Hobson. Foto: Facebook/SAHA
Andrew Hobson. Foto: Facebook/SAHA

Dit was ook ‘n besondere mylpaal vir Andrew Hobson wat vir die 50ste keer vir die Suid-afrikaanse hokkiespan op die veld gedraf het. Hobson het in België sy debuut gemaak en was by in 2024 by die span ingesluit wat aan die Olimpiese Spele in Parys deelgeneem het.

‘n Enkelbesering tydens SA se openingswedstryd teen Frankryk het daartoe gelei dat staatmaker Mustapha Cassiem die veld moes verlaat. Cassiem sal ongelukkig nie vir die res van die toernooi kan deelneem nie.

Ten spyte van ‘n verbete stryd en harde werk aan die kant van die span, het Frankryk vier strafhoeke na rustyd afgedwing en met presisie punte op die bord aangeteken.

Kenton Melville en Jared Cass het hul senior debuut vir SA in dié wedstryd gemaak. Ayakha Mthalane het ook vir groot opwinding gesorg toe hy sy eerste internasionale doel in die 36ste minuut aangeteken het. En in die 53ste minuut het uitstekende spanwerk daartoe bygedra dat hy ‘n tweede doel vir die span aangeteken het.

So lyk die res van die toernooi

Sondag 14 Junie

  • 14:45 Japan v Skotland 
  • 17:00 Korea v Nieu-Seeland

Dinsdag 16 Junie

  • 12:15 Maleisië v Korea
  • 16:45 Frankryk v VSA
  • 19:00 Suid-Afrika v Ierland

Donderdag 17 Junie

19:00 Nieu-Seeland v Japan

Die uitdunrondes vind vanaf Vrydag 19 Junie plaasvind tot waar die wenners van die Nasiesreeks op Saterdag 20 Junie om 19:00 beslis sal word.

Waar om te kyk?

Registreer vir SABC+ om die wedstryde te volg


Kategorieë: ,

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie