Vandag in die nuus

Hofsaak.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, berei regstappe voor oor wat die hof reeds as ’n onwettige klopjag op sy kantoor verklaar het, toe sy en mede-komiteelid Xantha Limberg se kantore in Januarie verlede jaar deursoek na beweerde tenderbedrog.
  • Die regspan van die beweerde misdaadbaas Vusimuzi ‘Cat’ Matlala het sy aansoek om die staat te dwing om verdere bewyse bekend te maak, teruggetrek nadat aanklaers die dokumente en materiaal oorhandig het wat volgens die verdediging noodsaaklik is om hul saak voor te berei.
  • Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het gesê sy oorweeg steeds die inhoud van president Cyril Ramaphosa se interdikaansoek wat Vrydag teen die Parlement ingedien is.
Pres. Cyril Ramaphosa.
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images.
  • Minister van finansies, Enoch Godongwana, sê hy kan nie die besonderhede bekend maak van die ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens na Hazim Mustafa, die koper van die Phala Phala-buffels, nie.
  • ActionSA het pres. Cyril Ramaphosa se poging om die Nasionale Vergadering te verhinder om met die staat van beskuldiging voort te gaan, skerp gekritiseer en dat die Parlement se grondwetlike pligte nie d.m.v. hofgedinge opgeskort kan word nie.
  • Gemoedere het Maandag buite die Sherwood Hall-terrein in Durban opgevlam toe ’n woedende skare Malawiese burgers Ngizwe Mchunu, ’n aktivis wat hom bemoei met proteste teen ongedokumenteerde buitelanders, en lede van March and March gewaar het.
  • Vyf mense is oorlede in ’n padongeluk in Peddie, Oos-Kaap, toe ’n bus en ’n bakkie gebots het, met ’n sesde persoon wat ernstig beseer is.\
EFF-leier Julius Malema.
EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF.
  • Politieke partye ATM en EFF staan president Cyril Ramaphosa se hofaansoek teen om die staat van beskuldiging teen hom te keer.
  • Cape Union Mart se saak word tans aangehoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof om ’n interdik teen Palestine Solidarity Campaign-aktiviste te kry om te keer dat hulle voor hul winkels betoog.
  • Meer as 1 000 Malawiese burgers wat in Durban kamp opgeslaan het, is vir repatriasie verwerk en sal nou met busse, wat deur hul land se ambassade voorsien is, na hul tuisland terugkeer.
  • Die musikant en TV-persoonlikheid Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye, wat oor die naweek in hegtenis geneem is op aanklagte van ontvoering, onwettige afvuur van ’n vuurwapen en die dwarsboming van die gereg, sal nou Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.
  • Samuel Mashaba, hoofinspekteur van die Gautengse verkeerspolisie, is as voorsorgmaatreël geskors en die skorsings sal van krag bly hangende die uitslag van ’n formele dissiplinêre proses.

Oorsee

  • Amerikaanse vise-president JD Vance sê die VSA verwag dat Iran nie tolgelde sal hef op skeepsverkeer deur die Straat van Hormoes nie, maar dat die kwessie deel van die nuwe vredesooreenkoms bespreek sal word.
  • Iran se departement van buitelandse sake hou vol dat die VSA ingevolge ’n raamwerkooreenkoms onderneem om Iran se gevriesde fondse in die buiteland vry te stel en die land vir skade wat tydens die oorlog gely is, te vergoed, al is die voorwaardes van die vredesooreenkoms nog vaag.
  • VSA-pres. Donald Trump het planne aangekondig om op 4 Julie ’n groot saamtrek in Washington te hou ter viering van sy land se 250ste bestaansjaar, ná ’n konsertgeleentheid wat 10 dae vroeër sal plaasvind.
Voormalige eerste minister van Hongarye, Viktor Orbán, saam met die VSA-visepresident, JD Vance.
Voormalige eerste minister van Hongarye, Viktor Orbán, saam met die VSA-visepresident, JD Vance. Foto: Facebook.
  • Irak het hul stemme by die gevoeg wat die Straat van Hormoes se heropening verwelkom het, ná Iran en die VSA ’n vredesooreenkoms bereik het.
  • Oekraïne se poging om by die Europese Unie aan te sluit, sal na verwagting binnekort na die volgende fase beweeg ná ’n lang vertraging, wanneer ministers van buitelandse sake van die 27-lidlande formeel onderhandelinge met Oekraïne en die buurland Moldawië begin.
  • ’n Aardbewing wat die 6,2 op die Richterskaal gemeet het, het die suidelike kus van die Filippyne getref, ’n week nadat ’n dodelike aardbewing in dieselfde streek minstens 65 mense doodgemaak het.
  • Die dodetal ná ’n botsing tussen ’n seilboot en ’n groot passasierskatamaran met meer as 100 mense aan boord in Kroasië, het tot 4 gestyg.
  • Volker Türk, hoof van menseregte by die VN, het ’n ‘skerp toename’ in die gebruik van hommeltuigaanvalle in die konflikgeteisterde Soedan veroordeel, met meer as 1 000 burgerlikes wat in die 1ste 5 maande van die jaar in sulke aanvalle dood is.
  • ’n Bus het in ’n kloof in die noorde van Ethiopië afgestort, wat minstens 28 mense se lewe geëis het en ‘baie ander’ beseer het.
  • Itamar Ben-Gvir, Israelse minister van veiligheid, het die ooreenkoms tussen die VSA en Iran om die oorlog in die Midde-Ooste, insluitend in Libanon, te beëindig, veroordeel en daarop aangedring dat sy land nie daardeur gebonde is nie.
  • Rusland het oornag 611 hommeltuie en 70 missiele op die Oekraïne afgevuur in aanvalle waarin minstens nege mense dood is en ’n historiese katedraal in Kiëf aan die brand geslaan het.
  • Sanger en internet grapjas Oliver Tree is oorlede ná 2 helikopters Sondagoggend bo Rio de Janeiro met mekaar gebots en in die stad se westelike gebied neergestort, wat die lewens van al ses mense aanboord geëis het.
  • Sean Strickland, die huidige UFC-middelgewigkampioen, is Sondagaand deur spesiale magte van die UFC Freedom 250-ondersteunersgeleentheid verwyder, en van wanordelike gedrag aangekla ná hy van dié UFC-geleentheid verbied is.
  • Wêreldbeker-sokkertoernooi: Swede wen Tunisië 5-1, Ivoorkus klop Ecuador 1-0, maar Nederland en Japan speel 2-2 gelykop.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie