‘Onmoontlik om elke bok, erdwurm se geestesgesondheid te meet’

Vissermanne kan luidens nuwe wetgewing nie net meer vis vang om te eet sonder om die welstand van die visse in ag te neem nie, beweer die SA Jagters.
Vissermanne kan luidens nuwe wetgewing nie net meer vis vang om te eet sonder om die welstand van die visse in ag te neem nie, beweer die SA Jagters.

Die hoogste hof moet nou be­sluit of die huidige definisie van “dierewelstand” grondwetlik is.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) het die aansoek, wat einde Mei in die konstitusionele hof aangehoor is, gebring.

Lizanne Nel, bewaringsbestuur­der van SA Jagters, sê die definisie van dierewelstand in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (Nemba), soos dit in Junie 2023 in die Staatskoerant gepubliseer is, is problematies.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie