Die span se keuses sê alles. Nie net oor hoe die Bulle beplan om hierdie VRK-eindstryd te benader nie, maar ook oor hoe ernstig hulle die oomblik opneem wat hulle reeds vyf seisoene lank ontwyk. Die Bulls wíl eindelik die toernooi wen!
11 Springbokke in die beginspan. Dit is nie meer ’n span wat leer hoe om ’n eindstryd te wen nie. Dit is ’n span wat gekies is om een te wen.
Dit is ’n groep van 23 wat gebou is vir ’n wedstryd van 80 minute. Want Leinster gaan vrae vra . . . enduit.

Hulle gaan fiksheid, dissipline en akkuraatheid toets. Hulle gaan die spel lostorring, die bal meedoënloos herwin en spelers dwing om onder druk besluite te neem. Tuis in Dublin floreer hulle op daardie verstikkende ritme, die gevoel dat as jy selfs net effens van jou wedstrydplan afwyk, al is dit net vir ’n oomblik, die wedstryd buite bereik glip.
Leinster se keuses vir hul eindstryd-spa is ook glad nie te versmaai nie.

Die verdedigende kampioene sal gelei word deur die Ierse kaptein Caelan Doris, met ’n agterlyn wat die Britse en Ierse Leeus-sterre Hugo Keenan en James Lowe insluit, saam met die All Black Rieko Ioane op senter.
Elf Springbokke begin hierdie wedstryd. Dit is spelers wat al verskeie trofees vasgehou het, druk geabsorbeer het en resultate behaal het wanneer dit die meeste saak gemaak het.
- Bulls speel teen Leinster in Ierland om 20:30 SA tyd.
